Annemie's Art

Annemie's Art Die uitbeelding van my passie en liefde vir kinders en diere, uitgedruk op skilderdoek. My skeppings is in olieverf asook akriel. Hulle vlieg met arendsvlerke.

Ek het op 'n plaas groot geword in die Delareyville distrik. Ek is 'n opgewekte en vrolike mens, omdat ek glo en weet dat ek deur enige moeilike omstandighede deur 'n Hoër Hand opgetel en gedra word. Daarom is Jesaja 40 : 31 my elke dag se bestaans vers. "Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle hardloop en raak nie moeg nie. Hulle loop en raak nie afgemat nie". Elke skildery word opgedra

aan my Skepper, omdat Hy my met 'n talent geseën het wat ek elke keer gebruik om my liefde vir kinders en diere op skilderdoek uit te beeld. Daarom dan die arend en hart op my logo, Annemie's Art from the heart. 'n Arend vlieg hoog, ver bo die storms van die lewe en elke skildery doen ek met 'n passie en liefde uit my hart. Ek doen ook graag portretstudies en ander op aanvraag. Ek leef my uit in my skilderwerk, omdat ek my geheel en al oorgee aan elke skildery wat ek doen en elke oomblik daarvan geniet. Ek loof die Here vir die talent en geleentheid wat Hy my gegee het om dit wat vir my lekker is, met oorgawe te kan doen.

"STROME VAN LEWENDE WATER"n Simbool van God se lewende water - vol genade, genesing en nuwe lewe vir die siel.Die sagte ...
09/11/2025

"STROME VAN LEWENDE WATER"
n Simbool van God se lewende water - vol genade, genesing en nuwe lewe vir die siel.

Die sagte vloei van die water herinner ons dat SY genade nooit stilstaan nie - dit bring vrede en vernuwing aan elkeen wat dors is na HOM!

OMGEE is n stil gebed, n warm hand en iemand wat altyd daar is ...
14/12/2024

OMGEE is n stil gebed, n warm hand en iemand wat altyd daar is ...

VRIENDSKAP is nie n groot ding nie...dit is miljoene klein dingetjies♡♡
13/12/2024

VRIENDSKAP is nie n groot ding nie...dit is miljoene klein dingetjies♡♡

Saggies praat...is duiwels raad😁
07/12/2024

Saggies praat...is duiwels raad😁

Address

Excelsior
Delareyville
2770

Telephone

+27825248551

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Annemie's Art posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Annemie's Art:

Share

Category