Clanwilliam Expo

Clanwilliam Expo 📌 16 - 18 April 2026
Jou “Littelos” Landbouskou
www.clanwilliamexpo.co.za Dit sal vanjaar die 91ste bestaansjaar wees van die Expo.

Die Expo beloof om iets vir elk te bied. Of jy nou 7 of 87 is, `n perde liefhebber, wol klasser, uitstaller of besoeker is, ons verwelkom jou graag by 2022 se Clanwilliam Expo.

Clanwilliam Expo Jaarlikse Algemene Vergadering 📢Die tyd het weer aangebreek vir ons jaarlikse vergadering!Vir meer inli...
15/06/2026

Clanwilliam Expo Jaarlikse Algemene Vergadering 📢

Die tyd het weer aangebreek vir ons jaarlikse vergadering!

Vir meer inligting of indien jy belangstel om deel van die komitee te word, kontak gerus ons voorsitter, Anne-Marie van der Merwe.

13/06/2026

Gelukkige 66ste verjaarsdag, Oom Paul!

Vandag vier ons ’n besondere mens en die nalatenskap wat hy elke dag help bou deur sy visie, deursettingsvermoë en opregte hart. Oom Paul is ’n ongelooflik aangename mens om om jou te hê, iemand met ’n goeie humorsin wat lig en vreugde bring waar hy gaan.

Sy Christelike omgee-hart en vrygewigheid spreek sterk in die manier waarop hy mense raak en ondersteun en maak hom ’n ware inspirasie en voorbeeld vir almal rondom hom.

Ons is dankbaar vir sy leiding, sy sagtheid en sy sterkte, en vir die rol wat hy speel by OUHUIS® .

Van ons almal by OUHUIS® wens ons Oom Paul oorvloedige vrede, goeie gesondheid, vreugde en aanhoudende sukses vir die jare wat voorlê.





Baie geluk met jou Verjaarsdag Breyton Milford!🎉  Clanwilliam Expo bestuur wens jou nog baie geseënde jare toe.🎊 Mag die...
10/06/2026

Baie geluk met jou Verjaarsdag Breyton Milford!🎉 Clanwilliam Expo bestuur wens jou nog baie geseënde jare toe.🎊 Mag die jaar wat voorlê al jou verwagtinge oortref!🥳

🌼 Ondersteun ons Gemeenskap! 🌼Die NG Kerk Clanwilliam se jaarlikse Omgeefees vind plaas op 31 Oktober 2026, en hulle is ...
04/06/2026

🌼 Ondersteun ons Gemeenskap! 🌼

Die NG Kerk Clanwilliam se jaarlikse Omgeefees vind plaas op 31 Oktober 2026, en hulle is op soek na uitstallers en kreatiewe entrepreneurs wat graag 'n stalletjie wil bespreek.

As Clanwilliam Expo ondersteun ons graag die gemeenskap waar ons kan, want hulle ondersteun ons ook deur die jaar. ❤️

Het jy 'n besigheid, handgemaakte produkte of kreatiewe items wat jy wil uitstal? Dan is hierdie die perfekte geleentheid!

📅 Datum: 31 Oktober 2026
💰 Stalletjiefooi: Slegs R500
📞 Kontak: 027 482 1231
📧 E-pos: [email protected]

Bespreek jou stalletjie vandag en wees deel van hierdie besonderse dag!

‼️Trots op Agri-Expo se Toekenning en Prestasie‼️Agri-Expo Clanwilliam Expo
03/06/2026

‼️Trots op Agri-Expo se Toekenning en Prestasie‼️
Agri-Expo Clanwilliam Expo

Boodskap van die Voorsitter – Clanwilliam SkouAs ons terugkyk na wat net meer as ’n maand gelede in Clanwilliam gebeur h...
29/05/2026

Boodskap van die Voorsitter – Clanwilliam Skou

As ons terugkyk na wat net meer as ’n maand gelede in Clanwilliam gebeur het, kan ons nie anders as om net dankbaar te voel nie.

Dankbaar vir elke borg, uitstaller, deelnemer, werker, ondersteuner en besoeker wat deel was van die Clanwilliam Skou. Sonder elke persoon se bydrae, groot of klein, sou hierdie sukses nie moontlik gewees het nie.

Die skou het weer bewys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan met passie, harde werk en trots. Ons harte loop oor van waardering vir almal wat gehelp het om herinneringe te skep wat nog lank saam ons sal bly.

Baie dankie vir julle ondersteuning, vertroue en entoesiasme. Ons sien uit daarna om saam verder te bou aan iets besonders vir die toekoms.

– Voorsitter van Clanwilliam Skou

‼️’n Opregte Dankie aan Ons Borge ‼️Namens Clanwilliam Expo wil ons graag weer ’n groot dankie sê aan elkeen van ons bor...
27/05/2026

‼️’n Opregte Dankie aan Ons Borge ‼️

Namens Clanwilliam Expo wil ons graag weer ’n groot dankie sê aan elkeen van ons borge.

Julle is ons steunpilare – die mense wat dit alles moontlik maak.

Sonder julle ondersteuning sou baie dinge nie moontlik gewees het nie.

Ons waardeer elke bydrae opreg en sê uit die hart: baie dankie.

Ons sien daarna uit om die pad saam met julle verder te stap in 2027.

‼️DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING ‼️  InteliGro Clanwilliam
26/05/2026

‼️DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING ‼️
InteliGro Clanwilliam

11/05/2026

Kyk hoe lyk dit waar ons 'n maand terug lekker geskou het!!🌧🐴✨️

Baie baie geluk met jou verjaarsdag, Aubrey! 🥳🔥Op papier is jy dalk die man van sekuriteit en n braai meester maar vir o...
11/05/2026

Baie baie geluk met jou verjaarsdag, Aubrey! 🥳🔥

Op papier is jy dalk die man van sekuriteit en n braai meester maar vir ons is jy soveel meer as dit.

Een van ons ongelooflike braai meesters, iemand wat altyd regstaan en sommer net inval waar hulp nodig is sonder om twee keer te d**k.

Jou harde werk, goeie hart en lekker gees maak ’n groot verskil in ons komitee.

Ons waardeer alles wat jy doen, meer as wat woorde kan sê.

Mag jou dag gevul wees met lag, liefde, goeie mense en natuurlik lekker vuur en vleis! 🔥🍖

Geniet jou spesiale dag, Aubrey! 🍻

Address

Parkstreet
Clanwilliam
8135

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Clanwilliam Expo posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Clanwilliam Expo:

Share