Ceres Kersiefees

Ceres Kersiefees The Ceres Cherry Festival – A Celebration of All Things Cherry! The air will be filled with the scent of cherry-inspired treats and the sound of laughter.

Die Ceres Kersiefees is waar vriende en familie saamkuier om die kersieseisoen te vier op 5 Desember – met plaasvars kersies, heerlike kos, musiek, sport en herinneringe vir die hele familie. Get ready for a magical day in the heart of Ceres as we celebrate the sweetest season of the year! The Ceres Cherry Festival is where families, friends, and cherry-lovers of all ages come together for a day b

ursting with flavour, fun, and festivity. Kids can let loose in the Kids Jol Area, while grown-ups sip on cherry drinks and sample local delights at our Food Vendors. Wander through local artists and crafters, each bringing unique treasures to discover. As the sun dips, the stage lights up with headline performances by the incredible Refentse and the rocking Piesangskille—setting the perfect soundtrack to an unforgettable festival night. It’s more than just a festival—it’s a celebration of community, creativity, and cherries in every form you can imagine. Where families connect, friends gather, and cherries shine. Programme:

14:00 Gates OPEN

14:00 Cherry Inspired Market & Food Feast
14:00 Live Music
15:00 Kids Jol Area
16:00 Carnaval Entertainers
17:00 Kids Foam Party

18:00 Gates CLOSE

18:30 Refentse
20:30 Die Piesangskille

*Please note: Seating will be on a natural veld area. Bring along your own blankets and chairs for comfort.

04/09/2026

AS JY NET EEN SOMERFEES BYWOON, LAAT DIT HIERDIE EEN WEES. 🍒

🍒Dink aan vars kersies.
🥧Kersie-geïnspireerde kos.
❤️Jou gunsteling mense.
✨Kinders wat hulself gate uit geniet.
🌅’n Somersaand in Ceres.
🎤En Riaan Benade én Bok van Blerk op een verhoog.

Ja… hierdie gaan ’n jol wees.
Moenie die een wees wat Maandag sê:
“Ag nee, ek moes eintlik gegaan het…”

Koop jou kaartjies. Bring jou mense. Kom maak ’n kersieherinnering.

CERES KERSIEFEES
5 Desember 2026
Sien jou daar! 🍒

’n Soete fees wag in Ceres – Bok van Blerk is op padDie kersies is dalk nog nie ryp nie, maar die opwinding vir die Cere...
21/08/2026

’n Soete fees wag in Ceres – Bok van Blerk is op pad

Die kersies is dalk nog nie ryp nie, maar die opwinding vir die Ceres Kersiefees is reeds op ’n hoogtepunt.

Ons is ongelooflik opgewonde om Bok van Blerk as een van ons hoofkunstenaars vir 5 Desember 2026 bekend te stel.

Van vars Ceres-kersies en kersie-geïnspireerde kos tot musiek, kuier en ’n aand onder die sterre – die Ceres Kersiefees vier alles wat ons dorp besonders maak.

En wanneer Bok van Blerk die verhoog betree, weet ons die kersie is op die koek.

5 Desember 2026 | Ceres – die Kersiehoofstad

Maak jou kalender oop. Bring jou mense. Kom vier die kersieseisoen saam met ons.

Die pitte gaan skud!🍒DIE CERES KERSIEFEES SE KAARTJIES IS NOU BESKIKBAAR!Die kersies is dalk nog nie ryp nie, maar die f...
21/08/2026

Die pitte gaan skud!🍒

DIE CERES KERSIEFEES SE KAARTJIES IS NOU BESKIKBAAR!

Die kersies is dalk nog nie ryp nie, maar die feeskoors is klaar hier!

Op 5 Desember 2026 vier ons die kersieseisoen in die hart van die Kersiehoofstad met ’n dag propvol alles wat Ceres so spesiaal maak.

Wat om te verwag:
Bok van Blerk en Riaan Benade op die verhoog vir ’n aand van groot Afrikaanse musiek en lekker saamkuier.

Vars Ceres-kersies en hope kersie-geïnspireerde lekkernye om te proe.
’n Hele jol vir die kinders met hope prettige aktiwiteite, vermaak en avontuur.

En om dit nóg makliker te maak om jou dag te beplan, het ons ’n splinternuwe webblad bekendgestel met alles wat jy oor die fees moet weet.

Die pitte gaan skud. Die kersies gaan dans. Ceres gaan behoorlik feesvier.
5 Desember 2026 | Ceres – die Kersiehoofstad

Kaartjies is nou beskikbaar.

Hou vas aan jou pitte. Ons sien jou in Ceres!

🍒 ONS GAAN FEESVIER! 🍒Op 5 Desember 2026 verander Ceres in een groot kersie-kuier. ’n Dag propvol lekker dinge vir die h...
14/08/2026

🍒 ONS GAAN FEESVIER! 🍒

Op 5 Desember 2026 verander Ceres in een groot kersie-kuier. ’n Dag propvol lekker dinge vir die hele familie. ☀️🎉

Verwag sport, heerlike kos, vars kersies, kinderpret, musiek en hope kuier. Bring die familie, kry jou vriende bymekaar en maak ’n dag daarvan!

En wanneer die son begin sak… skuif die fees na die verhoog. 🎶🔥

Riaan Benadé en Bok van Blerk sluit die dag af met ’n onvergeetlike sonsak-konsert in die hart van die Kersiehoofstad - Ceres. 🍒

So, pak jou piekniekkombers, bring jou mense en kom vier die kersieoes saam met ons!

📍 Ceres Kersiefees
📅 5 Desember 2026

Wie bring jy saam? 👇🍒

Die Ceres Kersiefees is soveel meer as net ‘n fees – dit word gevorm deur ‘n gemeenskap.     Dis die kersies wat om fami...
23/07/2026

Die Ceres Kersiefees is soveel meer as net ‘n fees – dit word gevorm deur ‘n gemeenskap.

Dis die kersies wat om familietafels gedeel word, die produsente wat jaar ná jaar hul passie uitleef en topgehalte kersies verbou, en die kosstalletjies wat hierdie vrug omskep in die geurigste en smaaklikste disse. Daarom is ons op soek na uitstaande kersie-geinspireerde kos, drankies, gebak en lekkergoed wat saam met ons ‘n onvergeetlike feeservaring kan skep.

[email protected] | 074 968 5168

Ons keur elke aansoek sorgvuldig om ‘n gevarieerde en gehalte kosaanbod saam te stel. Ons wens ons kon almal akkommodeer, maar spasie is beperk.

Ons sien uit daarna om saam met jou die Ceres Kersiefees nóg lekkerder te maak! ❤️🍒

10/07/2026

🍒 Raai wie neem die kersieverhoog oor! 🎤

Die son gaan sak, die sterre kom uit, en twee TOP kunsternaars gaan sorg dat jy dans, saamsing en kuier tot die laaste kersie geëet is. 🌟

Maar... ons gaan jou nog laat raai! 👀

Kyk die video, soek die leidrade, en los jou raaiskoot in die kommentaar. Wie d**k jy gaan die kersie op die koek van hierdie jaar se fees wees?

Die wenner kry: 🍒 ‘n Spesiale shout-out 🍒 ‘n boks vars kersies 🎟️ 4 GRATIS kaartjies na die Ceres Kersiefees!

Sien jou 5 Desember in die hartjie van Ceres vir ‘n dag (en aand!) wat jy nóóit sal vergeet nie. 💃🕺

🍒 Hou vas aan jou pitte...🍒 5 Desember 2026 is nie sommer net nóg ‘n Saterdag nie... dis die Ceres Kersiefees! Ons pak d...
08/07/2026

🍒 Hou vas aan jou pitte...🍒

5 Desember 2026 is nie sommer net nóg ‘n Saterdag nie... dis die Ceres Kersiefees!

Ons pak die dag propvol pret:
🏃 Sport vir die avontuurlustiges
🍒 Kersies en nóg kersies
🎈 Aktiwiteite vir die klein kersies
🍔 Heerlike kos
🎶 En wanneer die son begin sak... sluit ons af met ‘n onvergeetlike sonsak-konsert!

✨ Bring jou familie, jou vriende, jou piekniekkombers en jou lekker feesgees – ons sorg vir die res! Daar is nog baie verrassings op pad - hou ons sosiale media dop vir die bekendstelling van die kunstenaar!

😉 🙋 Wie sien ons op 5 Desember?

06/12/2025
Soet Kersie Notas🍒1. Jou kaartjie is beskikbaar in jou Quicket-rekening.2. Ceres Kersiefees aanvaar beide kaart- en kont...
04/12/2025

Soet Kersie Notas🍒

1. Jou kaartjie is beskikbaar in jou Quicket-rekening.

2. Ceres Kersiefees aanvaar beide kaart- en kontantbetalings.

3. Geen buitekos of alkohol word toegelaat nie.

4. Bring asseblief jou eie opvoustoele en piekniek-komberse.

5. Sambrele word toegelaat, maar jy mag gevra word om na die kant te skuif.

6. Geen gazebo’s of tente word toegelaat nie.

7. Onthou om sonskerm en ’n hoed saam te bring.

8. Streng geen alkohol vir onder-18’s.

9. Hekke maak om 14:00 oop.

10. Hekke maak om 18:00 toe.

11. Gratis parkeerplek sal beskikbaar wees.

12. Kaartjies beskikbaar by fees hekke vir jou ekstra gaste!

Address

Victoria Park Rugby Club
Ceres
6835

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ceres Kersiefees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Ceres Kersiefees:

Shortcuts

Share

Category