Mariette Beukes & Die Anties Bring Hoop

Mariette Beukes & Die Anties Bring Hoop I love creating things that is unique and screams MAGIC., Beautiful Just Magical stuff.

Ek kan regtig nie wag vir Saterdag nie! 🩷✨Hierdie Saterdag is ekstra spesiaal, want vir die eerste keer gaan ons presies...
01/09/2026

Ek kan regtig nie wag vir Saterdag nie! 🩷✨

Hierdie Saterdag is ekstra spesiaal, want vir die eerste keer gaan ons presies doen wat ons op die pad doen wanneer ons toer met Die Anties β€” maar hierdie keer gebeur dit hier in Centurion! 🎨🩷

En die heel lekkerste deel? Al vyf Anties is daar! πŸ₯°

Ons gaan julle ’n kykie gee in wat regtig gebeur wanneer die vyf van ons saam is β€” die kreatiwiteit, die lag, die verrassings, die mal oomblikke en natuurlik daardie spesiale iets wat net gebeur wanneer ons vyf saam is.

Dit gaan beslis nie ’n gewone klas wees nie. Dit gaan anders, uniek en ’n bietjie mind-blowing wees… propvol Anties-magic! ✨

Ons bring ’n stukkie van die pad, die toer en al die pret reguit na Centurion toe. 🩷

Ek d**k julle is nog nie heeltemal gereed vir wat Saterdag wag nie… πŸ˜‰βœ¨

Vyf Anties. Een groot avontuur. En ’n hele klomp MAGIC! 🎨🩷



🌸 Nomineer iemand vir ’n GRATIS kuns-oggend! 🌸Op 5 September nooi Mariette en Die Anties – al vyf van ons! – 15 spesiale...
16/08/2026

🌸 Nomineer iemand vir ’n GRATIS kuns-oggend! 🌸

Op 5 September nooi Mariette en Die Anties – al vyf van ons! – 15 spesiale dames om saam met ons in Centurion kreatief te kom wees. πŸ’›

Ken jy ’n vrou wat ’n bietjie liefde, bederf en tyd vir haarself verdien? Nomineer haar!

Ons gaan saam ’n pragtige mixed-media kunswerk skep – alles word voorsien. 🎨

Skryf haar naam en kortliks hoekom sy dit verdien in die kommentaar, of WhatsApp 082 085 9492.

πŸ“… 5 September 2026 | πŸ•˜ 09:30–12:30 | πŸ“ Centurion

15 dames Β· Een spesiale oggend Β· Baie liefde.
πŸ’•




09/08/2026

🌸 DIE VROUE VAN DIE BYBEL – ’N REIS VAN GELOOF, KUNS EN INSPIRASIE 🌸

Elke vrou in die Bybel het ’n storie.
Elke vrou het ’n reis gehad.
En elkeen het iets om vir ons te leer. ❀️
Met my Vroue van die Bybel-reeks stap ons saam deur die stories van hierdie besondere vroue β€” ons leer, skep, verf en reflekteer op ons eie unieke manier.

πŸ“– ELKE PAKKIE IS UNIEK!
Wanneer jy ’n pakkie bestel, kry jy ’n verskillende grootte en hoeveelheid bladsye, afhangend van die vrou se verhaal.
Want party vroue het meer om deur te werk as ander β€” daarom is geen twee pakkies presies dieselfde nie. 🌿

🎨 DIT IS ’N SELFDOEN-PROJEK
Jy werk teen jou eie tempo en maak dit jou eie.
Jy kan dit in jou Bybel Journal doen, in ’n gewone joernaal, of β€” soos ek β€” vir jouself ’n spesiale boek maak waarin jy al die vroue se stories en kunswerke saambring.
Jy kry inspirasie vanuit ons privaat Facebook-groep, waar ons heerlik saam kuier, ons projekte deel, idees uitruil en mekaar inspireer. ❀️

Jy hoef nie ’n kunstenaar te wees nie. Jy hoef ook nie presies soos iemand anders te werk nie.
Maak dit joune.
Gebruik die inspirasie in die groep en laat jou eie kreatiwiteit jou lei. 🎨🌸

✨ DIE REEKS SLUIT IN:
🌷 Eva – R180 nou R90
🌷 Vroue van die Ark – R140 nou R70
🌷 Sarah – R200 nou R100
🌷 Hagar – R160 nou R80
🌷 Keturah – R100 nou R50
🌷 Rebekka – R140 nou R70
🌷 Lea – R160 nou R80
🌷 Ragel – R160 nou R80
🌷 Bilhah – R80 nou R40

πŸ”₯ 50% AFSLAG OP DIE HELE REEKS! πŸ”₯
Normale waarde: R1 300
🌸 Nou slegs R650 vir al 9 pakkette!

⏰ Aanbod geldig tot Maandag, 9 Augustus 2026 om 20:00.

Kom stap saam met my deur die stories van hierdie vroue.
Vrou vir vrou.
Storie vir storie.
Bladsy vir bladsy. ❀️🌸

πŸ“² WhatsApp Mariette op 082 085 9492 om jou pakkette te bestel en deel te word van ons kreatiewe reis!





08/08/2026

Vir die eerste keer in 10 jaar is die lang naweek myne. Loving it!!!! Xoxo





06/08/2026

Dankie Voelgoed – ek is aangewys as een van hulle Top 50-inspirasievroue vir 2026!

Sal jy asseblief vir my STEM, die publiek se stemme word in ag geneem om die finaliste te kies, waaruit die uiteindelike wenner tydens die Pienk Tapyt-toekenningsgeleentheid aangewys sal word.

SMS die sleutelwoord INSPIRASIE, gevolg deur nommer β€œ34” na:

33282 vir 1 stem (SMS-koste R1.50)

40131 vir 15 stemme (SMS-koste R20.00)

42030 vir 25 stemme (SMS-koste R30.00)

Kliek hier vir die bepalings en voorwaardes Terms and Conditions

Jy kan ook AANLYN stem, kliek https://voelgoed.co.za/inspirasievrou/

Stem nΓ³ΓΊ – en staan die kans om 1 van 5 dubbelkaartjies vir die Pienk Tapyt-toekenningsgeleentheid op 7 November te WEN

27/07/2026

Kom verf saam my #5





26/07/2026

Kom verf saam my #4





25/07/2026

Kom verf saam my #3





🎨 Kom kuier saam met ons op 5 September 2025 in Centurion!Ons gaan dieselfde Mixed Media Board-projek aanpak wat ons tyd...
14/07/2026

🎨 Kom kuier saam met ons op 5 September 2025 in Centurion!

Ons gaan dieselfde Mixed Media Board-projek aanpak wat ons tydens Die Anties 2025 Winteruitreik saam met soveel ongelooflike dames gedoen het.

✨ Die klas sluit alles in wat jy benodig om jou projek van begin tot einde te voltooi.

πŸ“… Datum: 5 September 2025πŸ•˜ Tyd: 09:00 – 12:00πŸ“ Plek: CenturionπŸ’° Koste: R190 per persoon

⚠️ Plek is beperk, so bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.

πŸ“² Besprekings: Mariette – WhatsApp 082 085 9492




17/06/2026

🌿🎨 Gister was 'n doozie!

Ons het 'n ware maraton-paksessie gehad vir Die Anties Bring Hoop 2026. Bokse, kunsbenodigdhede, geskenke, materiaal, verrassings en hope liefde moes alles op hul plek kom. Teen die einde van die dag het dit gevoel asof ons kilometers afgelΓͺ het!

Nou vertrek ons oor 4 dae, en ek d**k ons is darem al oor Polly Shortts – daardie berugte Comrades-heuwel wat almal laat wonder of hulle dit gaan maak. Daar lΓͺ nog 'n paar opdraandes voor, maar die ergste voel verby.

Die opgewondenheid raak elke uur groter. Binnekort gaan ons weer die platteland invaar, nuwe vriende ontmoet, lag, huil, kuns maak en hoop saai waar dit die nodigste is.

Die eindstreep is in sig… en ons harte is gereed vir nog 'n ongelooflike avontuur! πŸ’›πŸŽ¨πŸš





Address

7 Murati Street
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mariette Beukes & Die Anties Bring Hoop posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share