Laurinda Pretorius Spraak en Drama Ateljee

Laurinda Pretorius Spraak en Drama Ateljee Drama Ateljee

Hier is ‘n baie goeie redenaars idee…. Waar om te begin…
20/02/2026

Hier is ‘n baie goeie redenaars idee…. Waar om te begin…

Jammer, julle. Ek hou regtig 𝐧𝐢𝐤𝐬 daarvan om toesprake te skryf nie. Ek doen dit NET 'n paar keer per jaar, en NET vir my eie twee kinders, wat my daarmee moet help. My doodeerlike raad is: 𝐌𝐨𝐞𝐧𝐢𝐞 '𝐧 𝐭𝐨𝐞𝐬𝐩𝐫𝐚𝐚𝐤 𝐤𝐨𝐨𝐩 𝐧𝐢𝐞. Gaan sit saam met jou kind, hoe oud hy of sy ook al is, en werk 𝐬𝐚𝐚𝐦 aan 'n toespraak. Gesels oor die tema, en kies dan 'n onderwerp wat debatteerbaar is - met ander woorde, iets waarmee jy kan 𝐬𝐚𝐚𝐦𝐬𝐭𝐞𝐦 of waarvan jy kan 𝐯𝐞𝐫𝐬𝐤𝐢𝐥. ('n Onderwerp waarvan jy nie kan verskil nie, is bloot 'n inligtings- of motiveringspraatjie. Dis nie 'n redenaarstoespraak nie.) Besluit dan saam hoe julle oor die onderwerp voel, en kies die drie sterkste redes waarom julle so voel. Daar het jy dit - jou onderwerp EN jou drie hoofpunte. En dan gee julle dit vleis, met bronne, argumente en eie menings. Laat hulle SELF help om bronne te soek en te kies. Ek is 'n ongelooflike groot voorstander daarvan dat kinders redenaars op skool moet doen - maar onthou, dis nie 'n voordragkompetisie nie. Jy wil jou kind leer 𝐫𝐞𝐝𝐞𝐧𝐞𝐞𝐫; nie net hoe om 'n toespraak te 𝐦𝐞𝐦𝐨𝐫𝐢𝐬𝐞𝐞𝐫 nie.

10/12/2025
Na die kort skoolvakansie, sien ons uit na die laaste kwartaal van 2025! Ons 10de WOWZA Kunstefees is hierdie kwartaal!!...
13/10/2025

Na die kort skoolvakansie, sien ons uit na die laaste kwartaal van 2025! Ons 10de WOWZA Kunstefees is hierdie kwartaal!!!!🎉🤩
Inskrywings is more oop… hou hierdie spasie dop👀

Wat ‘n voorreg om deel te kon wees van hierdie besonderse geleentheid🤩
11/08/2025

Wat ‘n voorreg om deel te kon wees van hierdie besonderse geleentheid🤩

Address

Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laurinda Pretorius Spraak en Drama Ateljee posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Laurinda Pretorius Spraak en Drama Ateljee:

Share