Sheep and Goat Diseases- Skaap en Bok Siektes

Sheep and Goat Diseases- Skaap en Bok Siektes Wetenskaplike artikels oor kleinveesiektes en verwante bestuur May their contribution be honored here in full.

The importance to develop sheep and goat farming in South Africa is pivotal in providing a source of income and prevent hunger in Africa as a whole. Small stock are ideally suited to small scale and communal farmers as they are treated as a commodity rather than cultural symbols. That said, the potential contribution of small stock to the South African economy are subjected to the limitations impo

sed by a wide variety of diseases. Knowledge of these diseases, their causes, occurrence, treatment, diagnosis and prevention needs to be openly addressed to the consumer to deliver the final product appropriately and safe to the market. Much is been done in various fields by very fine South African entomologists, helminthologists, virologist and others scientists to assist the small ruminant farmer to manage better and produce good genetics successfully for the sake of the whole industry.

Maggots in Sheep
14/08/2018

Maggots in Sheep

A parasite case of the week blog, specializing in human parasites.

11/06/2017
25/10/2016

Understanding Raising Sheep How to Feed Sheep

15/10/2016

Wurmmiddels by skape

Daar is sowat 10 aktiewe, of dan groepe molekules wat by die ontwurming van skape gebruik word in Suid Afrika.

Dis belangrik om met kundige inligting tydig die regte aktief die regte tyd te gebruik. Ook om die wurmmiddel-aktiewe se gebruik en blootstelling aan 'n kudde af te wissel om weerstand teen die aktiewe te voorkom.

Haarwurm ontwikkel vinnig ‘n weerstand teen middels. Daar is verskeie redes daarvoor. Baie hoe metabolisme, kort reproduksietye en ook kort doseringsprogramme en intervalle.

Landwyd word wydverspreide weerstandigheid teen meeste van die aktiewe groepe ondervind. Elke plaas het sy unieke karakter en persoonlike omstandigheid en diere wat geneties swak is wat meer dosering benodig en dus weerstand teen die middels verhoog.

Wurmmiddels en hul aktiewe groepe
Groep 1: Makrosikliese laktone – Rondewurms en uitwendige parasiete
Groep 2: Benzamidasole – Lewerslak en rondewurms
Groep 3: Imidazole – Rondewurms
Groep 4: Salisielanalides – Lintwurms en Lewerslak
Groep 5: Nitrofenole – Lewerslak
Groep 6: Sulfonamiede - Koksidiosis
Groep 7: Organofosfate – Rondewurms
Groep 8: Isoqunoliene – Lintwurms
Groep 9: Kombinasie middels – Rondewurms, lewerslak en lintwurms
Groep 10: Spirinoindole – Rondewurms, Neuswurms, Myte

Ektoparasietmiddels vir skape

Daar is tans 6 aktiewe groepe vir die beheer van ektoparasiete in skape:
1. Organofosfate en karbamate
2. Piretroïede
3. Formamidiene
4. Kitiensintese- inhibeerders
5. Makrosikliese laktone
6. Kombinasie van aktiewe

Ook hier is dit belangrik dat die aktiewe groepe afgewissel word om weerstandigheid te voorkom. .

15/10/2016

FAMACHA: (Die “Five point check” program)

Dit is gewoon wys om die FAMACHA Wurmevaluasie metode elke maand in die somer elk 2de maand herfs en winter asook lente te doen en dan ‘n mismonster in te neem vir eiertellings by ‘n bekwame persoon.

Vars mis moet geneem word van ongeveer 10 – 20 ooie in elke kudde. Daar moet ook sowat mismonsters by 10 – 20 lammers geneem word om ‘n goeie gemiddelde verspreiding van die haarwurmbesmetting te bereken.

Eiertellings saam met die gebruik van FAMACHA kaart se Indikasie Stelsel gee goeie besluitneming oor ontwurming en ander produksie / produktiwiteitsbesluite.

Dis nie nodig om ‘n standaard ontwurmingskedule, maw dosering te volg nie. Dit lei net na te veel blootstelling van aktiewe en die gevolg is snelle weerstandsontwikkeling van die wurms.

Die “Famacha Five point check” bestaan uit:

FAMACHA

1. Die mukusmembraan se kleur in die oog is die aanduider van vlakke van besmetting.
2. Neus: Die slymerige uitloopsel/uitskeidng is aanduidings van erge neus- en longwurms
3. Kwakkaak is 'n swelsel/hangsel onder die kaak wat dui op moontlike proteintekorte/ verlies (dus bloedverlies) weens die wurms.
4. Liggaamskondisie se meting wat 'n aanduiding is van ander tipe wurms wat n probleem kan veroorsaak, soos bankrotwurms
5. Stert: Slap misvlekke of diarrhoea is ook 'n aanduiding van wurms of en of eimeria en Koksidioses

Gereelde mismonstertoetse voor dosering en ook 12 dae na ontwurming sal aandui of weerstand ontwikkel het teen ‘n spesifieke aktief/aktiewe in wurmmiddelgroepe.

Sien fotos

Address

Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 17:00

Telephone

+27822208386

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sheep and Goat Diseases- Skaap en Bok Siektes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Sheep and Goat Diseases- Skaap en Bok Siektes:

Share