04/06/2026
Pierre van Pletzen, die skaam outjie van Stilfontein wat agter sy dromme weggekruip het en toe volksbesit geword het — eers as Spike in Orkney Snork Nie en toe Oubaas in 7de Laan. Al die skaamheid kruip nou weg agter die stories wat hy so gretig vertel van 'n loopbaan wat meer as 50 jaar op nasionale en internasionale verhoë strek.
Sit saam met hom en jy kry amper nie 'n woord in nie. Hy sal dit self vir jou sê, lag, en dan bewys hy dit met verlange en hartseer oor wat met die streeksrade verlore gegaan het, en die passie van 'n man wat nog altyd geweet het die verhoog is sy tuiste.