PR,Publicity&Marketing
Social Media Management
Booking Agency
Event, Project & Stage management
Technical requirements
Contact [email protected] for more info Tania Fourie Promosies is ‘n musiek promosie-agentskap wat fokus op die ontdekking, ontwikkeling en bestuur van die beste skryf- en sangtalent wat Suid-Afrika het om te bied. Die omvang van TFP se werk strek van die identifisering en v
erdere ontwikkeling van opwindende nuwe komposisie- en
sangtalent, tot bemarking en openbare skakelwerk, besprekings, die bestuur van optredes en die lewering van materiaal – soos enkelsnitte, albums en musiekvideos – aan vooraanstaande radio- en televisiestasies. Aan stuur van TFP is Tania Fourie, ‘n volwaardige kenner in die vermaaklikheidsbedryf – met formele kwalifikasies in radio, TV en media – met meer as ‘n dekade se eersterangse ervaring om met die room van gevestigde, multi-platinum Suid-Afrikaanse en internasionale talent, sowel as top radio stasies en platemaatskappye, te werk. Van daar het sy aangesluit by een van ons land se grootste en suksesvolste platemaatskappye, Sony Music Entertainment Africa, en gewerk onder hulle Afrikaanse afdeling Select Musiek waar sy al hulle kunstenaars se PR en Bemarking behartig het. Tania het hier ook internationale kunstenaars en albums bemark onder andere Tim McGraw en Faith Hill. Byna 6 jaar later het Tania gevoel dis tyd om haar vlerke te sprei en haar grootste droom te volg, en so word Tania Fourie Promosies gebore. Tania is ook ‘n lid van die Ghoema Musiektoekennings en die South African Music Awards (SAMA’s) se bestuurskommittees. Tania glo daarin om haar sterk agtergrond en ervaring te kombineer met rou talent, passie, eerlikheid, deursettingsvermoë en pure, harde werk om musiekdrome in praktiese doelstellings te omskep, hulle een vir een te bereik en so suksesvolle loopbane te bou.