Muurblommetjies

Muurblommetjies Ons is drie vriendinne met 'n gedeelde liefde vir kuns. Ons werk in olie, akriel, potlood, waterverf en houtskool.

Kontak ons as jy ʼn kunswerk teen jou muur wil hê by [email protected].

21/07/2020

We are open again.Lots of exciting new Workshops.

07/07/2020

Ons is drie vriendinne met 'n gedeelde liefde vir kuns. Ons skilder op doek en op mure, eintlik op enige iets solank ons net kan kreatief wees. Tussen ons liefde vir ons mans en ons kinders deur, is ons ook vriendinne, kunstenaars, susters, ma’s en vele meer. Ons werk in olie, akriel, potlood, waterverf en houtskool. Ons maak tyd vir ons passie en dit doen ons so tussen werk en huishouding deur.
Kontak ons as jy ʼn kunswerk teen jou muur wil hê by [email protected].

Toe dit koud word het ek eerder die venster toegemaak.
02/07/2020

Toe dit koud word het ek eerder die venster toegemaak.

My skilderye moet iets in die alledaagse lewe vasvat, maar daar moet 'n ondertoon van vrede en rustigheid wees. Die vred...
01/07/2020

My skilderye moet iets in die alledaagse lewe vasvat, maar daar moet 'n ondertoon van vrede en rustigheid wees. Die vrede en rustigheid wat jy net kry as jy by die voete van die Here sit. Hierdie een is olie op canvas 75 cm x 37 cm. Maak dit jou rustig?

Daar is nog tyd om in te skryf...
01/07/2020

Daar is nog tyd om in te skryf...

Onthou hierdie is 'n geleentheid om jouself voor te stel aan ander, sodat ons mekaar beter kan leer ken. Jy hoef nie professioneel te wees nie, as jy 'n beeldjie kan maak of 'n foto kan neem of 'n verfkwas kan optel is die uitstalling vir jou. Kontak vir Corneille by [email protected]

23/06/2020

Haal jou verfkwaste uit!
Al ons kreatiewe lidmate word uitgenooi om deel te neem aan Helderberg Gemeente se virtuele kunsuitstalling in Julie. Daar is geen tema nie en enige kuns medium soos skilderye, beeldhouwerk, fotografie en dies meer is welkom. Jy hoef ook nie ‘n professionele kunstenaar te wees nie. Die kunswerke sal in Julie op die gemeente se sosiale media te sien wees en sluit sommer ook aan by die afsluiting van ons Psalm preekreeks. Vir meer inligting oor praktiese reëlings, koste en inskrywingsvorms kontak Corneille Barnard by [email protected]. Ons hoop om jou daar te sien en onthou asseblief – dit is nie net vir professionele kunstenaars nie. Dit is ‘n manier vir ons lidmate om mekaar te leer ken. “Creativity is contagious – you have to pass it on” - Albert Einstein

Hierdie is nie die Muurblommetjies self nie, maar 'n baie oulike kunstenaar, Melissa.
26/05/2020

Hierdie is nie die Muurblommetjies self nie, maar 'n baie oulike kunstenaar, Melissa.

This Week’s “Workshop in a Box”
Fun Box R100 and Art Lesson Box R200
Whatsapp Melissa 0824407608 to order

Hierdie een is vir my ma, sy hou net van wit, swart en die skakerings tussen die twee kleure. 🙃 30 x 28 cm olie op 'n ho...
14/05/2020

Hierdie een is vir my ma, sy hou net van wit, swart en die skakerings tussen die twee kleure. 🙃 30 x 28 cm olie op 'n hout bord.

En hier is Grazie se pragtige skildery, sy noem haar Mev Korona. Kyk net hoe lekker werk mens in die tuin.
05/05/2020

En hier is Grazie se pragtige skildery, sy noem haar Mev Korona. Kyk net hoe lekker werk mens in die tuin.

Eerste een is asemic art - jy skryf iets, maar net die kunstenaar weet wat daar staan. Hierdie is die Onse Vader.Tweede ...
04/05/2020

Eerste een is asemic art - jy skryf iets, maar net die kunstenaar weet wat daar staan. Hierdie is die Onse Vader.
Tweede een is waterverf met bietjie oliepastelle. Lekker die naweek my waterverf uitgekrap. Hou dop vir Grazie en Isella se werke wat ook die week kom.

28/04/2020
Ek het hierdie een vanoggend weer verander en aangepas. Mos nou mal oor olieverf. En daar is dit nounet verkoop!! Baie d...
25/04/2020

Ek het hierdie een vanoggend weer verander en aangepas. Mos nou mal oor olieverf. En daar is dit nounet verkoop!! Baie dankie Antoinette, jy is 'n ster.🤩

Address

Somerset West
Cape Town
7130

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Muurblommetjies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Muurblommetjies:

Share