14/06/2026
Op die foto van links na regs:
Elzeth, Annemarie, Nadia, Suna, Susan, Elda, Elrona en ek (Suretha).
Aan die NG Kerk Laaiplek en gemeente, BAIE dankie dat ek weer eens die saal kon gebruik vir my Wegbreek projek, wat hierdie jaar die 23ste jaar was.
Aan die vroue van die gemeente wat ons magies vol gemaak het en bedien het. Baie BAIE dankie.
Ek het 23jr terug begin met 'n craft Wegbreek en 3 vriendinne het dit bygewoon, daarna met skilder Wegbreek en afgelope paar jaar met kwilt vroue, lede het gegroei na 64.
Ronell En Jan Lombaard is op my pad geplaas toe ek met fondsinsameling wou begin vir bejaardes in Velddrif, Laaiplek en Dwarskersbos.
Daarna het Ronell vir Eben en Elzeth Truter op my pad geplaas, 2 mense wat nou paar jaar met my 'n pad stap. Ek is die Here soooo dankbaar vir hul, want hul verstaan hoe ek dinge wil hê om Wegbreke 'n sukses te maak.
Elda, voorsitter van Aan Oewer Dienssentrum stap van laas jaar ook saam my die pad sodat ons fondsinsameling kan doen vir AOD.
Toe ek haar Januarie 2026 skakel om te vra dat hul asb vir my die bedrae van saal en etes stuur asook spyskaart sodat ek dit kon uitstuur na lede, het sy 19de Feb alles gestuur, 03de Maart kon ons alles vas maak en afhandel.
Dit was vir my so lekker, want toe kon ek alles weer uitstuur en lede het genoeg tyd gehad om hul geld in te betaal in die Aan Oewer Dienssentrum se bankrek.
Ons het hierdie keer ekstra geldjie by gesit, van die lede het ook 'n donasie gegee.
Baie, BAIE dankie aan elke lid wat dit by gewoon het, sonder julle sou dit nie 'n sukses wees nie.
Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir Elrona uit my hart te bedank, sy het so 'n mooi geaardheid, die vroue was mal oor haar. Sy het elke aand spesiaal in gekom om alles te kontroleer en te sluit. Baie, baie dankie Elrona.