Sure-In-Creative

Call Directions

Sure-In-Creative Workshops in crafts, sewing, patchwork and quilting, fabric painting and mosaic.

Die Kuila Kwilters se "Daisies in Delft" groepie se eerste 4 wat amper klaar is.Ek is so so SUPER TROTS op julle.Wel ged...
04/08/2026

Die Kuila Kwilters se "Daisies in Delft" groepie se eerste 4 wat amper klaar is.
Ek is so so SUPER TROTS op julle.
Wel gedaan.

Foto's van vroue waar ons werk in NG. Kerksaal in Laaiplek.Baie dankie aan een en elk wat hierdie Wegbreek 'n sukses gem...
01/07/2026

Foto's van vroue waar ons werk in NG. Kerksaal in Laaiplek.

Baie dankie aan een en elk wat hierdie Wegbreek 'n sukses gemaak het.
As die Heer ons spaar sien ek jul vlg jaar weer.

Ons afsluiting is elke jaar die laaste Do. by Zeezight in Laaiplek.
01/07/2026

Ons afsluiting is elke jaar die laaste Do. by Zeezight in Laaiplek.

Kaasproe deur Kokerboom kaas van Velddrif.
01/07/2026

Kaasproe deur Kokerboom kaas van Velddrif.

Aan Rudy en Joy Joorst BAIE dankie dat jul my Wegbreek die afgelope jare ondersteun en die mooiste foto's van die vroue ...
01/07/2026

Aan Rudy en Joy Joorst BAIE dankie dat jul my Wegbreek die afgelope jare ondersteun en die mooiste foto's van die vroue neem.
Die duiwel was so bietjie uit sy plek en het veroorsaak dat die groep foto's verlore geraak het. Ons is jammer daaroor, maar ek plaas nou die stunning foto's wat tydens ons Wegbreek in Junie 2026 geneem is.
Weer eens dankie Rudy.

28/06/2026

D**k ek moet lotto begin speel, koop die hele dorp net vir kwilters, ons kwilt dan elke liewe dag. Hehehe.

Sjoe!!! Met die stik van ritssluiters aan al die toiletsakkies d**k ek sooooo BAIE.My man sê altyd as ek sê: "ek het nou...
27/06/2026

Sjoe!!! Met die stik van ritssluiters aan al die toiletsakkies d**k ek sooooo BAIE.
My man sê altyd as ek sê: "ek het nou ged**k", dan sal hy sê: "Suretha, asb los die d**kwerk vir my", hahaha. Hy weet dan, iets broei weer ewers in een van my brein se laai'tjies, hehe.
Dus het besluit voordat ek na die vlg stap gaan MOET die vlg kwilte klaar wees.
Daisies in Delft
Edyta
Magnolia en
My Alta kwilt.

HOOP ek, hehehe.

Nog steeds nie al's uit gepak na die Weskus Wegbreek nie, d**k my hart lê nog daar.Maar het al my lappies wat ek by Shir...
25/06/2026

Nog steeds nie al's uit gepak na die Weskus Wegbreek nie, d**k my hart lê nog daar.
Maar het al my lappies wat ek by Shirley gekoop het klaar die rou nate ge"zig-zag", nou net was voor ons vlg reën dae.
Vandag begin ek om die 200 toiletsakkies se ritssluiter in te sit, hopelik kan ek ook hierdie vlg week afhandel en neem na die Weskus.
As daar nog skenkings is sal ons dit so waardeer.
Ons benodig nog tandepasta, tandeborsels en roll-on vir mans en vroue.

Nog steeds nie my Laaiplek Wegbreek se lappies uit gepak nie, want was die week besig met admin. Vandag was ek vir die e...
20/06/2026

Nog steeds nie my Laaiplek Wegbreek se lappies uit gepak nie, want was die week besig met admin. Vandag was ek vir die eerste keer straat vrou. Vanoggend heerlik saam vriendin gekuier om haar verjaarsdag te vier. Vanmiddag was ek en Alta du Plessis by Suzette van der Merwe se Life Craft groep, Suzette het vir ons nuwe serp patroon gewys, nou sit ek innie kooi en brei vir myself 'n serp.
Hopelik sal ek môre al my goed kan uitpak na die Wegbreek.
Heerlike dag van rondloop tussen mense met positiewe gesindheid, DANKIE!!!

Op die foto van links na regs:Elzeth, Annemarie, Nadia, Suna, Susan, Elda, Elrona en ek (Suretha).Aan die NG Kerk Laaipl...
14/06/2026

Op die foto van links na regs:
Elzeth, Annemarie, Nadia, Suna, Susan, Elda, Elrona en ek (Suretha).
Aan die NG Kerk Laaiplek en gemeente, BAIE dankie dat ek weer eens die saal kon gebruik vir my Wegbreek projek, wat hierdie jaar die 23ste jaar was.
Aan die vroue van die gemeente wat ons magies vol gemaak het en bedien het. Baie BAIE dankie.

Ek het 23jr terug begin met 'n craft Wegbreek en 3 vriendinne het dit bygewoon, daarna met skilder Wegbreek en afgelope paar jaar met kwilt vroue, lede het gegroei na 64.
Ronell En Jan Lombaard is op my pad geplaas toe ek met fondsinsameling wou begin vir bejaardes in Velddrif, Laaiplek en Dwarskersbos.
Daarna het Ronell vir Eben en Elzeth Truter op my pad geplaas, 2 mense wat nou paar jaar met my 'n pad stap. Ek is die Here soooo dankbaar vir hul, want hul verstaan hoe ek dinge wil hê om Wegbreke 'n sukses te maak.
Elda, voorsitter van Aan Oewer Dienssentrum stap van laas jaar ook saam my die pad sodat ons fondsinsameling kan doen vir AOD.
Toe ek haar Januarie 2026 skakel om te vra dat hul asb vir my die bedrae van saal en etes stuur asook spyskaart sodat ek dit kon uitstuur na lede, het sy 19de Feb alles gestuur, 03de Maart kon ons alles vas maak en afhandel.
Dit was vir my so lekker, want toe kon ek alles weer uitstuur en lede het genoeg tyd gehad om hul geld in te betaal in die Aan Oewer Dienssentrum se bankrek.
Ons het hierdie keer ekstra geldjie by gesit, van die lede het ook 'n donasie gegee.
Baie, BAIE dankie aan elke lid wat dit by gewoon het, sonder julle sou dit nie 'n sukses wees nie.
Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir Elrona uit my hart te bedank, sy het so 'n mooi geaardheid, die vroue was mal oor haar. Sy het elke aand spesiaal in gekom om alles te kontroleer en te sluit. Baie, baie dankie Elrona.

Address

Cape Town
7580

Telephone

0722281834

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sure-In-Creative posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share