16/06/2026
🎨🌻 FUN WITH ART – Waar Vriendskap en Verf Ontmoet! 🌻🎨.
Hulle sê party mense pas bymekaar soos koffie en beskuit... maar ons pas bymekaar soos verf en verfkwas!
Twee vriendinne, een met 'n liefde vir avontuur en die natuur, die ander met verf op haar hande en kreatiwiteit in haar hart. Toe kruis ons paaie, en voor ons kon sê "waar's die kwas?", is Fun With Art gebore!
Nou verf ons nie net doeke nie – ons verf herinneringe, lagbuie, nuwe vriendskappe en soms ook per ongeluk ons klere! 😂🎨
Want by Fun With Art gaan dit nie daaroor om die perfekte prentjie te skep nie... dit gaan daaroor om pret te hê, te ontspan en jou innerlike kunstenaar los te laat!
Kom lag, skep en maak saam herinneringe wat langer hou as die verf op jou vingers. ❤️
🎨✨