15/07/2026
"Teen die tyd dat ons anderkant kom, is ek papsopnat. Ek bewe van kop tot tone en my ma pak my toe onder enigiets wat ’n bietjie hitte kan verskaf. So, deurdrenk maar verlig, ry ons Tweeling stadig binne. Ons nuwe tuiste, by Twaalfde Straat 5, is ’n eenvoudige vierkantige huis met ’n groot, verwelkomende stoep aan die voorkant. Ek kan nie agterkom of my ma bly of hartseer is om daar te wees nie, maar dis darem nie die eerste keer dat my pa se wanderlust haar ontwortel het nie. Net in die eerste vyf jaar van hul huwelik het hulle 23 keer getrek – sy is beslis geen vreemdeling vir bokse uitpak nie. In my pa sien ek ’n groot drif om die boublokke van ons nuwe lewe so gou as moontlik in ’n sinvolle vorm te pak. Hy 9 ’n Sopnat aankoms was nooit een vir stilsit nie, en in Tweeling is dit nie anders nie. Hy begin dadelik ons goedjies afpak terwyl my sussies help waar hulle kan. Ek sit eenkant en wag om droog te word. Minstens voel dit nie meer of ek verkluim nie. In Springs het ons in ’n pragtige, moderne huis gewoon. Ek kyk na my ma en voel ’n jammerte in my opwel. Hoekom nou juis Tweeling van alle plekke?"
Portchie, het ‘n groot liefde gehad vir sy ma, Ria. Hy het haar twaalf jaar gelede vereer deur sy Stellenbosch woning na haar te vernoem, Maria’s Manor.
Hierdie memoir, Portchie, Van Tweeling tot Trafalgar Square is nou beskikaar by www.portchie.com