Albertonse Mannekoor

Albertonse Mannekoor Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Albertonse Mannekoor, Arts and entertainment, Alberton.

Vandag het Albertonse Mannekoor, Palmsondag en NG Alberton Oos se 75ste bestaansjaar gevier.  Mooi herinneringe van vori...
29/03/2026

Vandag het Albertonse Mannekoor, Palmsondag en NG Alberton Oos se 75ste bestaansjaar gevier. Mooi herinneringe van vorige leraars is gedeel en dit was so lekker om deel van hul vieringe te mag wees. Baie dankie vir die uitnodiging!!!!!!

Ons Albertonse Mannekoor is weer goed op dreef met 2026.   Nooi ons gerus vir n optrede as jul n Spesiale Geleentheid he...
18/03/2026

Ons Albertonse Mannekoor is weer goed op dreef met 2026. Nooi ons gerus vir n optrede as jul n Spesiale Geleentheid het. Volledige Paas en Kerssangdiens Program word ook aangebied. Ons Soiree Choralis is n baie gesellige optrede en ook n gewilde fondsinsameling geleentheid. Daar word saam gekuier om n bord kos en vrolike musiek.
Ons nooi alle manne wat graag wil saamsing om by ons koor aan te sluit. Ons oefening is elke Dinsdag aand by NG Alberton Wes om 19h00. Kom meld gerus aan.
Vir meer besonderhede, kontak Rienie Venter by 0832320359

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2025.  Dit was vir ons n besonderse jaar waar ons Tradisionele Volkslie...
24/12/2025

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2025. Dit was vir ons n besonderse jaar waar ons Tradisionele Volksliedjies saam gehore kon geniet het. Om saam ongeveer 4000 mense by die Voortrekker Monument eg Tradisionele Volksliedjies te sing, sal altyd vir ons n hoogtepunt wees. Ons musiek is ook tans op n stokkie beskikbaar en die verkope is baie goed. Ons CD'S is ook nog beskikbaar. Ons het ook nuwe gemeentes besoek en ons vriendekring verbreed. Mag jul n Geseënde Kersfees geniet saam jul familie en vriende. Ons sien uit om 2026 saam jul te kuier.

14/12/2025

NG Alberton Oos, Kerssangdiens 2025.

Baie dankie NG ALBERTON OOS dat die Albertonse Mannekoor hul laaste Kerssangdiens Optrede vir 2025, saam jul kon geniet....
14/12/2025

Baie dankie NG ALBERTON OOS dat die Albertonse Mannekoor hul laaste Kerssangdiens Optrede vir 2025, saam jul kon geniet. Mag jul gemeente ook jul Kersgety geniet.

11/12/2025

Dankie Andile Bhali dat jy saam Albertonse Mannekoor vandag soveel vreugde aan die bejaardes verskaf het.

Vandag was paar van die Albertonse Mannekoor manne, by Huis Meyerton se Jaarafsluiting .  Volksliedjies en Kersliedjies ...
11/12/2025

Vandag was paar van die Albertonse Mannekoor manne, by Huis Meyerton se Jaarafsluiting . Volksliedjies en Kersliedjies is heerlik saamgesing. Die bejaardes het dit baie geniet. Tafels was stylvol gedek en elke bejaarde het n masker gedra. Die ete was heerlik en die oggend n reuse sukses. Baie dankie vir die uitnodiging. Die manne het dit baie geniet.

09/12/2025

Sondag, 14 Desember 2025, by NG Alberton Oos om 9h00, is dit die Albertonse Mannekoor se laaste Kerssangdiens vir die jaar. Almal is baie welkom.

Na n baie opwindende jaar en 19 optredes, het die Albertonse Mannekoor en hul gades,  gister heerlik saam gekuier.  Dank...
08/12/2025

Na n baie opwindende jaar en 19 optredes, het die Albertonse Mannekoor en hul gades, gister heerlik saam gekuier. Dankie Andries En Marinda Lombaard vir jul gasvryheid om almal te ontvang .

Jul het gelukkig nog 1 kans om hul 20ste en laaste Kerssangdiens vir 2025 by te woon.
Sondag, 14 Desember om 9h00 by NG Alberton Oos. Almal welkom.

Ons Kerssangdiens was gister by NG Benoni Oos.   N hartlike ontvangs en n groot voorreg om Kerstyd saam die gemeente te ...
08/12/2025

Ons Kerssangdiens was gister by NG Benoni Oos. N hartlike ontvangs en n groot voorreg om Kerstyd saam die gemeente te kon geniet. N krag onderbreking tydens die diens, kon nie die samesyn en heerlike saamsing keer nie. Die kleine voëltjie in die struik het ons in vervoering gehad. Mag jul gemeente die Liefde wat jul uitstraal na buite, n Geseënde Kerstyd ervaar.

Address

Alberton

Telephone

+27832320359

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Albertonse Mannekoor posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Albertonse Mannekoor:

Share