09/06/2026
Die Finale Rondte van September se Stormloop Top 20 is veronderstel om 6nm SA tyd vandag te sluit sodat ek kan stemme tel en 'n Wenner aankondig... maar my hart wil dit nie vandag doen nie. Dit voel net nie vir my reg nie... 🙏...so ek wil vra dat julle nie te vies is vir my as ek dit liewer uitstel na Maandagaand 6 uur.
Ek deel die reëls en die skakel vir die van julle wat wil inskryf. Ons gesels weer môre... Sx
Om deel te neem en in aanmerking te kom vir die prysgeld, moet jy die volgende doen:
✅ Kliek op die speellys en luister na die liedjies wat die finale rondte gehaal het.
✅ Tik die name van jou 20 Gunsteling liedjies in die kommentaar onder hierdie plasing.
✅ Deel asseblief hierdie plasing!
Inskrywings vir hierdie rondte sluit Maandag 7 September om 6nm SA tyd! Sx
Share your videos with friends, family, and the world