Sunette Bridges

Sunette Bridges Happy Wife, Mom of 5, Recording Studio & Wedding Venue Owner, Songwriter, North Carolina Farm Girl!

Dit is Nuwe Liedjie Dag... vandag se liedjie is een van die moeilikstes wat ek nog ooit geskryf het... Ek dra dit op aan...
10/06/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag... vandag se liedjie is een van die moeilikstes wat ek nog ooit geskryf het... Ek dra dit op aan elke Ma en Pa wat al ooit 'n kind aan die dood moes afstaan! Deel dit asseblief met 'n Mamma of Pappa wat nodig het om dit vandag te hoor... Sx

This is the official lyric music video for "Flenter" by the Rivers ...

Dit is Nuwe Liedjie Dag en vandag sing Charne Grabie vir ons "Ek En Jy"! Vir die ene kan jy maar jou dansskoene aantrek!...
10/01/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag en vandag sing Charne Grabie vir ons "Ek En Jy"! Vir die ene kan jy maar jou dansskoene aantrek!

Baie dankie Christie by StarTrax Recording Studio vir die pragtige stemopname! Hierdie Meisie MAG maar sing! Geniet hom, deel hom en laat weet wat julle dink! Sx

This is the official music video for "Ek En Jy" by Charné Grabie👉 ...

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag sing André Venter vir ons “’n Rondte Om Die Son”! Dit was so ‘n ongekende voorreg ...
09/29/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag sing André Venter vir ons “’n Rondte Om Die Son”!

Dit was so ‘n ongekende voorreg om André hier by ons in die ateljee te kon hê vir hierdie opname. Ek is immers ‘n jare lange aanhanger van hom en Romanz èn ons kon in Afrikaans klets en musiek maak, so dit was dubbel lekker! Hierdie is ook André se eerste Afrikaanse opname in byna 10 jaar!

Hierdie liedjie is baie spesiaal vir my... so ‘n bietjie nostalgie oor dit wat in ons verlede lê en die paaie wat ons reeds gestap het wat altyd deel sal wees van wie ons is, maar ook ‘n vooruit kyk na die toekoms met ‘n dankbare hart vir elke nuwe dag en jaar en uitdaging.

So baie dankie dat jy hierdie liedjie hier kom opneem het André! ...en, noudat ons bure is, sien ek uit daarna om sommer nog baie nuwe musiek saam te maak!

Lekker luister na “’n Rondte Om Die Son”! ...en deel dit groot asseblief met al jou vriende! Sx

This is the official lyric music video for "'n Rondte Om Die Son" b...

Baie dankie vir nog 'n week van lekker saam luister en gesels! Dit is vandag 51 weke vandat Stormloop amptelik afgeskop ...
09/27/2026

Baie dankie vir nog 'n week van lekker saam luister en gesels!

Dit is vandag 51 weke vandat Stormloop amptelik afgeskop het met Lianie May se "Jy Speel Met Vuur"! Ek het soveel waardering vir elkeen van julle wat hierdie hele tyd saam geluister het deur 94 Vrystellings, saam gespeel en gestem het vir die Top 20's, vir al die positiewe terugvoer en aanmoediging deur hierdie reuse projek!

Nog net 6! ...en daai 3 bonusliedjies wat ek julle skuld! 😁

Ek deel vandag die "Stormloop Hart" speellys vir so 'n bietjie inspirasie vir die week wat voorlê en nadink oor die week wat verby is... Ek het vanoggend weer geluister na "Die Dagboek" en dit het my opnuut laat besef dat nòg 'n jaar einde se kant toe staan. Dit voel byna onwerklik, so asof die dae, weke en maande net al hoe vinniger verbyvlieg!

Ek hoop elkeen van julle kry vandag so 'n bietjie tyd vir asemhaal... Mooi, Geseënde Sondag vir elkeen van julle! Sx

Share your videos with friends, family, and the world

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ... EN dis BRAAIDAG! 🎉Rea le Roux sing vandag vir ons "Hennetee"! Hierdie liedjie dra ek op aan...
09/24/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ... EN dis BRAAIDAG! 🎉

Rea le Roux sing vandag vir ons "Hennetee"!

Hierdie liedjie dra ek op aan al die Dames wat al vir so lank saam met my hier kuier. ...en ja, die Manne mag maar saam luister, maar diè ene is vir daai spesiale dae wanneer ons Meisies die geleentheid het om saam met ons beste Vriendinne so ‘n bietjie weg te breek, sonder ons mooimaakgoed, in ons jannas en stewels en tekkies, met ‘n bokstert en mense wat ons hart ken! Dis ‘n liedjie oor saamwees en lag en ongekunsteld, net wees...

So baie dankie aan Leon Barnardt vir die stemopnames en dankie Rea dat jy my so ‘n bietjie buite my gemaksone laat werk het vir die ene! My kinders sê altyd ek skryf net 2 soort liedjies... hartseer en B*A&I%E hartseer... wel, diè liedjie is beslis nie een van daai twee nie!

“Hennetee” vier saamwees sonder pretensie, sonder kommer, sonder skaamwees! Geniet hom Meisies en DEEL hom met al jou Vriendinne! Ek hoop daar is ‘n Hennetee in jou nabye toekoms! Ons het dit almal nodig so nou en dan!

Dis ook Erfenisdag! ...so kom ons vier ONS erfenis, ONS taal en ONS lief wees vir mekaar! Sx

This is the official lyric music video for "Hennetee" by Rea le Rou...

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag se liedjie is ‘n bonus ene aangesien ons nog kliphard aan die werk is aan die lied...
09/22/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag se liedjie is ‘n bonus ene aangesien ons nog kliphard aan die werk is aan die liedjie wat ek eintlik vandag wou vrystel...

“Jy Het Jou Jolene” is geïnspireer deur een van my gunsteling Dolly Parton liedjies. Ek hoop julle geniet Stormloop se 93ste liedjie! Lekker luister en deel asseblief met jou vriende! Sx

This is the official lyric music video for "Jy Het Jou Jolene" by t...

Dis Nuwe Liedjie Dag en ek is so opgewonde om hierdie lekker liedjie met julle te deel! Wynand en Cheree sing vir ons “D...
09/17/2026



Dis Nuwe Liedjie Dag en ek is so opgewonde om hierdie lekker liedjie met julle te deel! Wynand en Cheree sing vir ons “Dans”!

Ek het diè twee ongelooflik begaafde kunstenaars behoorlik gesoebat vir ‘n duet vir Stormloop en was sò bly toe hulle instem. Hulle opdrag was dat hulle iets wil sing wat mense sal laat glimlag - ietsie anders wat eie aan hulle is... Aangesien ek Chereé se oulike “huisvideos” so baie geniet, het ek dadelik geweet wat om te skryf! Ek sien hulle in my geestesoog daai vroegoggend dansies daar in hulle tuin doen, sommer so in hulle kamerjasse en toe weet ek, hulle moet “Dans” vir ons sing! Sò baie dankie Wynand en Chereé! Ek is ‘n groot aanhanger vir baie jare al, so hierdie is vir my ‘n reuse voorreg!

Geniet “Dans” saam met my vanoggend! Lekker luister en deel asseblief met jou Vriende! Sx

This is the official lyric music video for "Dans" by Wynand & Chere...

Address

815 HAROLD HACKNEY Road
Siler City, NC
27344

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sunette Bridges posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Sunette Bridges:

Shortcuts

Share