10/11/2024
2024 Nasionale Bisley Kampioenskappe
Die Otjiwarongo skietklub het die afgelope naweek die NRA se jaarlikse Nasionale Bisley Kampioenskappe gehuisves by die Gallary Range net buite Otjiwarongo. Die kampioenskappe het op Vrydag 8 November en Saterdag 9 November 2024 plaasgevind.
Die skiet dissiplines het ingesluit die FTR klas, F-Ope klas en TR klas. Die skiet program het die Vrydag begin met n 300 meter inskiet waarna die amptelike kompetisie begin het met 1 x 300, 500, 600, 800 en 900 meter rondtes om die eerste dag se totaal op te maak. Op die tweede dag was die program van Vrydag herhaal om n algehele groot totaal op te maak. Die groot totaal vir die kampioenskappe was uit 'n moontlike 565 punte en 113 V-Kolle.
Die algehele uitslae per klas is hieronder opgesom:
FTR Klas
1ste - Wiann Mans - 529 en 43 V-Kolle
2de - Pieter Malan - 524 en 29 V-Kolle
3de - Willem Horn - 512 en 23 V-Kolle
4de - Christie Honey - 482 en 16 V-Kolle
5de - Francois Lotteryman - 424 en 10 V-Kolle
6de - Daan van Rensburg - DNF
F-Ope Klas
1ste - Andre du Toit - 546 en 33 V-Kolle
2de - Alex Visagie - 515 en 27 V-Kolle
TR Klas
1ste - John Robinson - 505 en 28 V-Kolle
2de - Jacques Lotteryman - 489 en 22 V-Kolle
Met die afsluit van ons 2024 bisley seisoen, het ons erkenning gegee aan die 3 beste skuts in elke klas gebaseer op hulle prestasie vir die jaar. Saam met dit, het ons ook erkenning gegee aan die skuts wat die meeste V-kolle geskiet het vir die jaar in elke klas.
Die jaar se uitslae is onder opgesom:
FTR Klas
1ste - Wiann Mans - 94.0%
2de - Pieter Malan - 92.5%
3de - Willem Horn - 90.0%
Meeste FTR V-Kolle vir 2024 - Wiann Mans (95 V-Kolle)
F-Ope Klas
1ste - Alex Visagie - 91.8%
2de - Andre du toit - 63.6%
3de- Johan Engels - 15.4%
Meeste F-Ope V-Kolle vir 2024 - Andre du Toit (45 V-Kolle)
TR Klas
1ste - John Robinson - 74.6%
2de - Jacques Lotteryman - 71.7%
3de - Christie Honey - 15.7%
Meeste TR V-Kolle vir 2024 - John Robinson (50 V-kolle)
Sien asb fotos aangeheg.
Baie dankie aan almal wat by gedra het om die kompetisie 'n sukses te maak en' n spesiale dankie aan Otjiwarongo skietklub wat onder andere die baan voorsien het en aan Bets-Marie Coetzee van Impact Web Studio wat die medaljes geborg het.
Vriendelike Groete,
NRA