04/08/2026
🎶 MANSTEMME GESOEK! 🎶Helderberg Gemeenskapskoor nooi persone van die Helderberg-area uit om by ons koor aan te sluit. Ons is veral op soek na manstemme, maar vroue stemme is ook welkom om aansoek te doen.
As jy al voorheen in ’n koor gesing het, is dit ’n bonus, maar enige persoon met ’n liefde vir musiek is welkom om aan te sluit. Alle voornemende lede sal ’n informele oudisie aflê, sodat ons die regte balans en klank saam kan bou.
Ons is ’n gemeenskapskoor met hart, dissipline en ’n liefde vir musiek, waar elke stem saak maak en waar saam sing iets besonders bly. Ons oefen elke Woensdag van 18:00 tot 20:00 by die Ruimte Sentrum in Strand.
👉 Belangstel om aan te sluit? Stuur gerus vir ons ’n privaat boodskap vir meer inligting.