Andre Stolz Produksies (ASP) is gestig in 2004 met die bekende akteur en regisseur Tobie Cronje as medelid. Sederdien het ASP verskeie Afrikaanse Kunstefeeste bygewoon. Ons het ook twee van ons kunstefeeste by Joburg Theatre aangebied (2004 en 2014). Ons hoofdoelwit is egter om kwaliteit produksies van Afrikaans voorgeskrewe werke na skole te bring. In hierdie stadium bedien ons net Afrikaans hui
staal leerders. Reza de Wet se MIS (Afrikaans Huistaal graad 12) was die eerste produksie wat begin toer het in 2009. In 2012 het ASP ook ‘n ander voorgeskrewe werk, KRISMIS VAN MAP JAKOBS deur Adam Small (ook Afrikaans Huistaal graad 12) in drie teaters opvoer: Roodepoort Teater, Springs Teater en Kunstekaap Teatersentrum in Kaapstad. In 2016 is ‘n derde voorgeskrewe drama by ons repertoire gevoeg: MY JAPAN (deur Schalk Schoombie). Ons het getoer tussen 25 July en 24 Augustus 2016. 90 Skole is besoek met 27 opvoering vir 5786 leerders. Daar was ook ‘n Gala Vertoning op 28 Augustus by die Joburg Theatre. ONDERWêRELD deur die gewilde jeugromanskrywer, Fanie Viljoen, begin landswyd toer in - ook vir Graad 12 Afrikaans Huistaal.
'n Webblad vir ONDERWêRELD & MIS sal later vanjaar beskikbaar gemaak word. Vir meer inligting vir enige van die produksies, skakel ons gerus:
082 375 9201 of stuur 'n e-pos na [email protected]