24/08/2026
Die afgelope drie maande het heelwat veranderinge ingehou. Jy d**k nog jy het alles onder beheer en dan kom die lewe en verbaas dit jou met 'n troefkaart.
Dit laat my aan bruinpapiersakke d**k. Op skool het ek gereeld op bruinpapiersakke staatgemaak wanneer ek 'n geskenk moes opmaak. As jy kreatief d**k, kan jy die kraft bemeester en 'n bruinpapiersak maklik mooimaak. Binne die Amerikaanse konteks het die bruinpapiersak ’n gevestigde plek as ’n kosblikkie of inkopiesak. In ander gevalle word bruinpapiersakke met drankbottels en verslawing geassosieer.
’n Bruinpapiersak is net ’n bruinpapiersak totdat jy besluit wat dit vir jou moet doen. ’n Bruinpapiersak verklap nie altyd hoeveel dit al moes dra nie. Mense ook nie.
Ons stap elke dag by mekaar verby sonder om te weet watter las iemand stilweg saamdra. Party dra hulle glimlagte swaar. Ander mense lyk op die oog af broos en verras jou dan met veerkragtigheid. Elke bruinpapiersak het ook natuurlik 'n breekpunt, want soms het 'n sak te veel vir te lank gedra.
Soms moet ons net onthou om sagter met mense te werk en minder aannames te maak, want as ons oorbewus is van die feit dat elke kreukel 'n storie vertel en elke mens 'n onsigbare las dra, d**k ek tog ons sal mekaar minder probeer verander en meer probeer verstaan.
Geniet jou Maandag!
- die Stigter
©Ineffable Digitale Ontwerp 2026