Immergroen & Kie

Immergroen & Kie 🌿 Immergroen & Kie®
Speelgroepe (1 - 10 jaar) • skermvrye pret • kreatiewe aktiwiteite • partytjiebeplanning • babamasseringsklasse (0-12 maande) 💛
Speel. Skep.
(1)

Groei. Kontak ons: 078 422 3210

🎉🌿 ONS VIER SAAM MET ROOSMARYN! 🌿🎉Roosmaryn verjaar, en ons by Immergroen & Kie® vier sommer lekker saam! 💛🎁 Op 3 Septem...
01/09/2026

🎉🌿 ONS VIER SAAM MET ROOSMARYN! 🌿🎉

Roosmaryn verjaar, en ons by Immergroen & Kie® vier sommer lekker saam! 💛

🎁 Op 3 September staan 8 gelukkige Roosmaryn-kliënte die kans om elk ’n R180 Immergroen-voucher te ontvang!

En die pret stop nie daar nie… 🎨✨
📅 5 & 6 September kuier ons die hele dag by Roosmaryn met lekker, kreatiewe aktiwiteite vir klein handjies.

Bring die kinders, kom geniet die verjaarsdaggees en maak saam met ons mooi herinneringe! 🌸

Ons sien julle daar! 💕

🌸🌿 HALLO LENTE! 🌿🌸Uiteindelik is dit hier — langer dae, warmer son, nuwe groei en sommer net daardie gevoel dat alles we...
01/09/2026

🌸🌿 HALLO LENTE! 🌿🌸

Uiteindelik is dit hier — langer dae, warmer son, nuwe groei en sommer net daardie gevoel dat alles weer begin blom. 🌼 Ons is só opgewonde oor die nuwe seisoen en nóg meer opgewonde oor al die lekker dinge wat by Immergroen & Kie® aan die gang is!

Ons klassies is reeds vol kreatiwiteit, speel en kosbare klein oomblikke:

🎨 Immergroen Kreatief®
Craft-klasse vir kinders 3–10 jaar
📍 Saterdae & Sondae by Roosmaryn Restaurant

🌈 Immergroen Speel en Skep®
Sensoriese speelgroep vir kleintjies 1–3 jaar
📍 Dinsdae & Donderdae by Roosmaryn Restaurant

🌿 Klein Blaartjies®
Baba-masseringsklasse vir babas 1–12 maande

Hierdie lente wil ons nóg meer speel, skep, ontdek, groei en mooi herinneringe maak. 💛

Welkom, lente — ons is reg vir jou! 🌼🌿✨

🌿🎨 Maak dit joune.’n Naam, ’n paar gunsteling vormpies en genoeg kleur om iets heeltemal uniek te skep. 💗 Hierdie persoo...
29/08/2026

🌿🎨 Maak dit joune.

’n Naam, ’n paar gunsteling vormpies en genoeg kleur om iets heeltemal uniek te skep. 💗 Hierdie persoonlike gipsverf-stelle is ’n lekker manier om klein handjies besig te hou én iets besonders te maak om te hou.

Perfek vir ’n geskenkie, ’n verjaarsdag of sommer net ’n kreatiewe bederf. ✨

Immergroen & Kie®
Skep • Speel • Groei

🍓🧁 SONDAG IS DIT TYD VIR IMMERGROEN KREATIEF®! 🎨✨Hierdie naweek maak én versier ons net lekker dinge! Ons gaan koekies e...
26/08/2026

🍓🧁 SONDAG IS DIT TYD VIR IMMERGROEN KREATIEF®! 🎨✨

Hierdie naweek maak én versier ons net lekker dinge! Ons gaan koekies en kolwyntjies mooi maak en ook kleurvolle vrugtestokkies bou – die klein handjies gaan beslis besig wees. 🍪🍓🧁

📅 Sondag, 30 Augustus
⏰ 12:00–14:00
📍 Roosmaryn Restaurant
👧🧒 Ouderdomme: 3–10 jaar

Kom skep, versier, proe en geniet saam met ons! 💛

📩 Bespreek gou – plekkies is beperk.
Whatsapp vir besprekings: 078 422 3210

🌿✨ ’N NUWE HOOFSTUK IS OP PAD... ✨🌿Little Crafts – SA is besig om te groei, en saam met dié groei kom daar ’n splinternu...
20/08/2026

🌿✨ ’N NUWE HOOFSTUK IS OP PAD... ✨🌿

Little Crafts – SA is besig om te groei, en saam met dié groei kom daar ’n splinternuwe naam en voorkoms! 🎨🤍

Maar moenie bekommerd wees nie — dit wat julle ken en liefhet, bly dieselfde: 🌸 Dieselfde liefde
🎨 Dieselfde kreatiewe pret
🤍 Dieselfde gehalte
🌿 Net ’n vars, nuwe hoofstuk!

En natuurlik gaan ons julle ’n bietjie laat raai... 👀

Hier is julle leidraad: 🍃 Party dinge verwelk met die seisoene… ander bly vir altyd groen.

Kan jy raai wat ons nuwe naam gaan wees? 👀🌿 Los jou raaiskoot in die kommentaar!

Dankie dat julle saam met ons groei. Ons kan nie wag om binnekort alles met julle te deel nie! 🤍

🎨✨ Little Creators Club by Roosmaryn! ✨🎨Vandag was ons tafeltjies heeltemal vol klein kreatiewe handjies! 🥰🖌️ Van verf e...
08/08/2026

🎨✨ Little Creators Club by Roosmaryn! ✨🎨

Vandag was ons tafeltjies heeltemal vol klein kreatiewe handjies! 🥰🖌️ Van verf en versier tot kraletjies en sommer net lekker besig wees — die kinders het elke oomblik geniet!

Dit is so lekker om te sien hoe elke klein kunstenaar sy/ haar eie idees uitleef en met trots ietsie van hul eie maak. 💕🌸

Dankie aan almal wat vandag saam met ons geskep, gelag en pret gehad het! Ons kan nie wag om julle weer by die volgende Little Creators Club-klassie te sien nie! 🌈✨

🚚🎨 Vrydag het sopas nóg beter geword! 🤩 Plaas vandag jou Little Crafts-bestelling van meer as R359 en kry GRATIS AFLEWER...
07/08/2026

🚚🎨 Vrydag het sopas nóg beter geword! 🤩 Plaas vandag jou Little Crafts-bestelling van meer as R359 en kry GRATIS AFLEWERING! 📦💕

Vul die kunskas aan, bestel ’n paar prettige aktiwiteite vir die kinders of kry sommer vroegtydig jou partytjiepakkies reg – en ons help jou om op die aflewering te spaar. ✂️🖌️🌈

⏰ Slegs geldig op bestellings wat VRYDAG geplaas word.

Baie dankie dat julle Little Crafts – SA ondersteun. Elke bestelling beteken ongelooflik baie vir ons! 🩷

📩 Stuur gerus ’n boodskap om jou bestelling te plaas.

🎉🥳 Klaspartytjie? Verjaarsdagpartytjie? 🎉🥳We've got you covered 👌🏻
04/08/2026

🎉🥳 Klaspartytjie? Verjaarsdagpartytjie? 🎉🥳

We've got you covered 👌🏻

🐑✨ Wat 'n ongelooflike lekker oggend by ons Little Creators Club by Roosmaryn!Ons klein kunstenaars het vandag met groot...
01/08/2026

🐑✨ Wat 'n ongelooflike lekker oggend by ons Little Creators Club by Roosmaryn!

Ons klein kunstenaars het vandag met groot entoesiasme geskilder, gekleur, gelag en nuwe maats gemaak. Dis altyd so spesiaal om te sien hoe kreatiwiteit en verbeelding lewe kry!

💚 Baie dankie aan elke ouer wat vandag saam deel was van die pret. Ons kan nie wag om julle weer te sien nie!

🌸 Daar is nog plek beskikbaar vir môre se sessie!

📅 Sondag, 2 Augustus
🕛 12:00 - 13:30
💰 R250 per kind (Ete en drankie ingesluit)
💰 R150 per kind (Ete en drankie uitgesluit)

Ingesluit:
🎨 4 handwerkaktiwiteite
🍽️ Middagete
🥤 Melkskommel of Bubble Tea

📩 Bespreek vandag nog jou kind se plekkie – ons sien uit daarna om môre nóg meer klein "Creators" by Roosmaryn te verwelkom! 💕

Address

Potchefstroom

Telephone

+27784223210

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Immergroen & Kie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share