Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is Lianie May nie net ‘n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly. Lianie was in 2006 raakgesien en geteken deur die talentvolle musikale genies, Sean Else en Johan Vorster. Van daar het Lianie se harde werk, det
erminasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars. Lianie gebore 2 Augustus 1976 te Sasolburg, woonagtig in Pretoria – is steeds SA se liefling sangeres. Dis nie net Lianie se unieke stem wat haar laat uitstaan nie, maar sy her ook bewys dat sy heel gemaklik agter die pen en skryfproses van treffers kan inklim. “Dit is lekker om te skryf, ek en Barry skryf gewoonlik saam,” vertel Lianie. Lianie en Jay se nuwe duet album word binnekort verwag en dit beloof om weer ’n album te wees wat die aanhangers gaan wegblaas met tong-in-die-kies liedere. Lianie se persoonlikheid, op-en-van-die-verhoog af, maak haar een van ons land se lieflinge. Haar passie vir sang en mense skemer duidelik deur en haar vermoë om elke mens spesiaal te laat voel is onvermydelik. Sy is nie verniet een van ons land se supersterre nie, maar verdien die titel in al sy glorie. Lianie May is terug om weer op elke verhoog in Afrika op te tree. Lianie May gaan weer terug na die mense toe. “Ek glo dit is belangrik om na die mense toe te gaan, die mense wat my gehelp het om te kom waar ek is vandag. Ek wil weer vir hulle optree en harte aanraak met my sang,” verklap sy met ’n sprankel in haar oog. Lianie in samewerking met Ralph Jacobs stel ook ’n unieke Lianie May juweel-reeks bekend. Eie aan Lianie en eksklusief. So kan elke aanhanger ten alle tye ’n stukkie van Lianie naby hou. ALBUMS
Die eerste enkelsnit van die album, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer ‘n mens ‘n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het ‘n treffende video opgeneem vir die lied. Die res van die album is gevul met treffers van alle soort liedjies van wat die tone laat wikkel soos; BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE - tot liedjies wat die hartsnare roer soos; JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERRëEN- selfs liedjies met so bietjie nostalgie soos; TOE ‘N TWEE RAND NOG ‘N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na ‘n ander tyd en plek, en natuurlik is daar ‘n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en ‘n kragtige treffer van die groep HEART…WILL YOU BE THERE IN THE MORNING. LIANIE MAY se musiek herriner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodië, vleiende harmonieë wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal! Vergeet my nie video 160 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=JJtNRYrMWT4
Pretoria video https://www.youtube.com/watch?v=GMcIV0JvTfw
Soen my nie meer nie video 300 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=ppTCqLp7TLM&index=1&list=PL9D4DBB81DBAB1CDB
KERSFEES MET LIANIE
Nou gee sy ‘n geskenk van Kersfees herrineringe terug met haar Kersfees album
“Kersfees met Lianie”. Met verkope meer as 40 000 (platinum)
En die grootste geskenk op die album is twee splinternuwe Afrikaanse kersfees treffers uit die pen van Johan Vorster en Sean Else
Afrikaanse kersfees treffers wat Lianie se album ‘n jaarlikse tradisie gaan maak! Die album is ook propvol tradisionele kersfees liedjies en ander bekendes soos; Mary’s Boy Child, Feliz Navidad, Rivers of Babylon (Boney M), Last Christmas I gave you my heart (Wham!), Chiquitita, Happy New Year, I have a dream (ABBA), Stille Nag, Drummer Boy en nog vele meer! Liedjies wat heel vakansie in die CD spelers en koppe gaan draai! Sneeuman video 42 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=Hh7w9KHB_Q0&list=PLRgLRJT9os-gY46Gb2B9yWc_FbMbl_x1A&index=11
Geskenk uit Bethlehem video 34 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=vOVwbbIfKUI
Lianie May se langverwagte nuwe album slaan die rakke en oortref alle verwagtinge. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees! Die suksesvolle liedjieskrywers Johan Vorster, Sean Else, Rencha Vorster, Dewald Wasserfall asook Lianie self het ‘n groot verskeidenheid treffers vir die album geskep. Die treffer op die album kom uit die pen van Johan en Rencha Vorster wat ook vir JY SOEN MY NIE MEER NIE verantwoordelik was. In dié liedjie span Lianie haar reuse talent saam met die ongelooflike sangtalent van Jay (Eden) om een van die grootste duette nog in Afrikaans te sing - TOE STOP MY HART. Maar die treffers stop beslis nie daar nie. Die album is gevul met `n hele paar groot liedjies met volwasse en emosionele lirieke en sielvolle ballades soos SKOOLJARE, ‘N ENGEL HUIL, DIE MAN WAT BY MY STAAN, PAD NA JOU HART tot wikkel-vastrap ritmes en saamsingliedjies soos WIE NIE WAAG NIE, HONEY, HONEY, BOEREMEISIE, DIE EEN WAT JY WIL Hê, DANS MET MY BABY, STAAN ‘N BIETJIE NADER, 1,2,3 en vele meer. Daar is ook ‘n lied met ‘n sterk positiewe boodskap uit die pen van Vaughan Gardiner en Sean Else, LAAT GOD DIE WêRELD WAS, asook ‘n ou F.A.K.- treffer met ‘n nuwe baadjie – BOEREPLAAS, ’n duet saam met ‘n splinternuwe stem in Afrikaanse musiek, Micheal Lindt.
`n Indrukwekkende video van die eerste enkelsnit, SKOOLJARE, is reeds deur Sean Else van Mozi Films geskiet. Sean was ook onder andere verantwoordelik vir die treffervideo’s JY SOEN MY NIE MEER NIE (Lianie May), DE LA REY (Bok van Blerk) en TYD OM TE TREK (Bok van Blerk). Die video is saam met die treffer TOE STOP MY HART op ‘n bonus-skyf geplaas wat saam met BOEREMEISIE versprei sal word. Elke persoon sal die nostalgie en hartseer van hulle eie skooljare daarin herken. BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig! Boeremeisie het platinum status bereik, danksy die lojale ondersteuning van ondersteuners. Toe stop my hart met Jay sonder dialoog video 563 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=FAd8qdR8BFk&index=1&list=PL983BA9FEA23DB7E2
Toe stop my hart sonder met dialoog video 129 000 views https://www.youtube.com/watch?v=bRjQD49s99Y
Skooljare video 129 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=wggpuqsNiVg
Honey Honey video 48 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=uV8VIVCMt8A
Lianie May is 'n wel bekende naam in die musiekbedryf, wat geen verbasing is met haar ongelooflike stem en persoonlikheid nie. Lianie spog met 2 multi-platinum (80 000 verkope) albums onder andere: Vergeet my nie en Boeremeisie en `n Kers album (Kersfees met Lianie May met 40 000 verkope (platinum) op die rake, en het 2011 haar 3de een vrygestel. Haar 4de album 'LANK LEWE DIE LIEFDE' is 'n moet hê album vir almal en het reeds platinum status bereik (40 000 verkope). Die album sluit liedjies in soos: Pleister vir my hart (uit fliek Platteland), Tennesse Waltz, Saam is ons beter, Bek hou kop hou en duette met Jay, Lank lewe die liefde, Call my name, In a moment like this en Lay down beside me. Pleister vir my hart was 2012 die No 1 Liedjie van die jaar by Radio Overvaal en Radio VCR 90.6 (Vaaldriehoek)
Pleister vir my hart video met 355 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=FYtndVb9Qk4&index=2&list=PLRgLRJT9os-gY46Gb2B9yWc_FbMbl_x1A
Lank lewe die liefde (met Jay) met 327 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=xzRR5QgYZo0&li
st=PLRgLRJT9os-gY46Gb2B9yWc_FbMbl_x1A&index=7
2012 stel Lianie May en Jay hul eerste duet album vry op groot aanvraag getiteld Bonnie & Clyde wat tot op hede dubbel platinum status bereik het.(80 000 verkope)
Die album sluit in treffers soos: Bonnie & Clyde, As jy sing, Rug teen die muur, Lank lewe die liefde, Toe stop my hart, In amoment like this, Lay down beside me en ou goue treffers soos We belong, Head over Heels, Don’t you wanna stay, One last kiss, Country strong, Alone en Call my name...
Bonnie & Clyde video: Slegs op Afrikaans is Groot Vol 5 beskikbaar
In a moment like this video 701 000 views: https://www.youtube.com/watch?v=-sTopPMdb3o&list=PLRgLRJT9os-gY46Gb2B9yWc_FbMbl_x1A&index=9
LIANIE MAY SE NUWE ALBUM IN GROOT AANVRAAG… VOOR DIT NOG BESKIKBAAR IS! Teen die tyd weet almal dat die sangduo Lianie May en Jay weer vokale kragte saamgespan het op “NaweekLyfie,”- een van die jaar se grootste danstreffers. Na verkope van 80 000 eenhede met hul “Bonnie & Clyde” duet-album, was dit duidelik bewonderaars het ‘n aptyt gehad vir meer. Juis daarom is Lianie so opgewonde oor die nuwe liedjie wat klaar as nog ‘n juweel uit die pen van Johan Vorster en Christoph Kotze beskryf word. Die eerste treffer is dan ook die titel van die album, maar Lianie beloof dat dit gevul sal wees met treffers wat tot die hart, die kop en die voete sal spreek. Die video van “NaweekLyfie” het aanhangers betower met ‘n tong-in-die-kies benadering wat verras en nuwe standaarde stel in terme van hoe Afrikaanse musiekvideos deur die breë publiek gesien sal word. Met lirieke wat speels verwys na hoe opstandig Jay se liggaam raak en Lianie wat sagte fluisterings in haar oor wil hoor, speel die video af in die antieke mynersdorpie in Kimberley. Met spesiale vergunning van De Beers, het Lianie, Jay en die produksiespan die geskiedkundige agtergrond met moderne sweempies humor inkleur.