Hartzgemaak Pottery

Hartzgemaak Pottery YOU ARE THE POTTER We are the clay
Isaiah 64:8

Wat is kleur? ’n Renoster is mos eintlik net… grys. 🦏Maar sit ’n bietjie klei, glasuur, vuur en liefde bymekaar… en skie...
02/09/2026

Wat is kleur?

’n Renoster is mos eintlik net… grys. 🦏

Maar sit ’n bietjie klei, glasuur, vuur en liefde bymekaar… en skielik vertel hy ’n heel ander storie. ✨
My eerste twee geglasuurde renostertjies het uit die oond gekom — en hulle is sommer te mooi vir woorde! 🥹

Elke kleur, elke kolletjie en elke klein detail maak hom uniek.

Miskien is kleur nie altyd wat jy sien nie…
maar wat jy voel wanneer jy daarna kyk. ❤️

Hallo September… bring maar jou kleur, ons sien uit daarna! 🌸🦏✨

🐰✨ Ons was omtrent kreatief gewees gister ! ✨🐰Elke hasie is handgemaak, uniek en vol karakter — so geen twee lyk dieself...
30/08/2026

🐰✨ Ons was omtrent kreatief gewees gister ! ✨🐰

Elke hasie is handgemaak, uniek en vol karakter — so geen twee lyk dieselfde nie. 🤎🐰

📸 As mens die vlgde dag afpak en deur alles gaan dan sien ñ mens eers die mooi en waardeer jy elke oomblik wat vasgevang is.

Dis juis die klein verskille wat elkeen ekstra spesiaal maak🐇

“Handgemaak met liefde… daarom het elke hasie sy eie storie.” 🤍

🐰🤎 Wat ’n heerlike oggend!’n Groot, groot dankie aan Willien van Creative Talents dat ons haar pragtige kreatiewe spasie...
30/08/2026

🐰🤎 Wat ’n heerlike oggend!

’n Groot, groot dankie aan Willien van Creative Talents dat ons haar pragtige kreatiewe spasie kon deel!

Ons het sommer dadelik so welkom gevoel 🥰

Ons het ons hande vuil gekry, met klei gespeel en die oulikste hasies gemaak! 🐰 Party ore was ’n bietjie skeef, party hasies het sommer hul eie persoonlikheid gekry… maar dis mos presies wat handgemaakte goed so spesiaal maak! 😂

En aan elke liewe dame wat deel was van ons klas — BAIE DANKIE! 🤎

Dankie vir die lag, die gesels en natuurlik daardie lekker drukkies aan die einde. Dit maak elke stukkie klei onder die naels die moeite werd!

Hierdie oggende gaan darem oor soveel meer as net om iets uit klei te maak. Dit gaan oor ’n bietjie stadiger asemhaal, lekker saam kuier, nuwe mense ontmoet en sommer mooi herinneringe maak.

Ons het gekom om hasies te maak… en ons het met vol harte en groot glimlagte daar weggestap. 🐰✨

Dankie Willien, en dankie aan elkeen van julle wat hierdie oggend so besonders gemaak het! 🤎

Tot ons volgende klei avontuur! 😘

🐰🤎 What a lovely morning!

A huge thank you to Willien from Creative Talents for sharing her beautiful creative space with us!
We felt so welcome and honestly… it felt like we belonged there. 🥰

We got our hands dirty, played with clay and made the cutest little bunnies! 🐰 Some ears were a little wonky, some personalities definitely came through… but that’s exactly what makes handmade things so special! 😂

And to every lovely lady who joined us — THANK YOU! 🤎
The laughter, the chatting, the giggles and those hugs at the end made every bit of clay under our fingernails worth it!

These mornings are never just about making something out of clay. It’s about slowing down, having a good laugh, meeting new people and making memories along the way.
We came to make bunnies… and left with happy hearts. 🐰✨

Thank you, Willien, and thank you ladies for making it such a special morning! 🤎

Until the next muddy adventure! 😘

“Ware vriendskap is wanneer tyd saam nooit soos tyd voel nie. 🤎”Klei tussen die vingers, vriendinne om die tafel en ure ...
23/08/2026

“Ware vriendskap is wanneer tyd saam nooit soos tyd voel nie. 🤎”

Klei tussen die vingers, vriendinne om die tafel en ure wat sommer te vinnig verbygaan. Ons Haas-werkswinkel was een van daardie dae. ✨

🐇🤎 ’n Haas, ’n kaggel en ’n yskoue dag in die Oos-Vrystaat…Verlede week Maandag het ons ’n bietjie gaan kuier in Heilbro...
19/08/2026

🐇🤎 ’n Haas, ’n kaggel en ’n yskoue dag in die Oos-Vrystaat…

Verlede week Maandag het ons ’n bietjie gaan kuier in Heilbron — ’n plekkie in die mooie Oos-Vrystaat wat vir my besonders na aan die hart lê. 🌾🤎

Dit was seker een van die koudste dae van die winter. Buite het die ysreën geval, die wind het gewaai asof hy ons uitmekaar wou waai… maar binne was dit warm, knus en vol gesellige kuier. 🔥❄️
Ons het ñ Borsbeeld Haas gemaak, en met ’n kaggel wat lekker brand, het ons sommer die haas-ore voor die vuur laat droog word. 🐇🔥 ’n Mens kan mos nie ’n werkswinkel hê met nat haas-ore nie! 😄

En natuurlik… geen lekker kuier is volledig sonder koffie en ietsie soets nie! ☕🍰
Die lekkerste koffie en koek kan jy by Iceberg Truck Shop kry. Baie dankie vir julle ongelooflike gasvryheid, warmte en vriendelike diens. Julle het die dag ekstra spesiaal gemaak. 🤎 en dan ñ Ekstra dankie ook aan Tash vir al jou reëlings en gasvrydheid. Waardeer dit ongelooflik baie!

Daar is iets besonders aan ’n plaasdag…
die oop veld, die koue wind, die kaggelvuur, die reuk van koffie en die mense wat saam om ’n tafel sit en met hulle hande iets moois skep. 🌾

En dalk is dit presies wat ons daardie dag geskep het — nie net ’n haas uit klei nie, maar ’n klein stukkie warmte, ’n paar mooi herinneringe en ’n dag om lank te onthou.

Dankie Heilbron… vir die koue, die kaggel, die plaaslug en die hartlike mense.
Ons kom kuier weer.... sommer baie vinnig weer! 🤎🌾🐇

Wanneer ons terugkyk, sal ons dalk nie elke klein detail onthou nie…maar ons sal onthou hoe dit gevoel het om daar te we...
19/08/2026

Wanneer ons terugkyk, sal ons dalk nie elke klein detail onthou nie…
maar ons sal onthou hoe dit gevoel het om daar te wees, saam met die mense vir wie ons lief is.

Sommige oomblikke verdien dit om vir altyd vasgevang te word… 🤎

Nie net in foto’s nie, maar in klei, verf, lag en die herinneringe wat saam gemaak word. 🐘🦏🎨

Hierdie paar dae was van daardie kosbare oomblikke waar families saam kom sit het, hande vuil gemaak het en iets moois uit niks geskep het.

Olifante en renosters het onder klein en groot hande vorm aangeneem, daar is gelag en sommer net saam gekuier. 🤍

Klei word droog, verf word vasgevang… maar die herinneringe bly. ✨

Ons kuier n haas uit n hoed uit by Didingwe River Lodge and spa. Soveel kreatiwiteit en gedeelde vreugde. Elke haas-kind...
18/08/2026

Ons kuier n haas uit n hoed uit by Didingwe River Lodge and spa. Soveel kreatiwiteit en gedeelde vreugde.

Elke haas-kind het sy eie persoonlikheid en kry gestalte onder hierdie dames se vaardige hande.

Ons is so bederf met keurige peuselhappies en gasvryheid van die oggend tot laat middag.

Die kuier was lekker, die klei was pret, die geselskap uit die boonste rakke!

Julle is pragtig al die mense van die kontrei - dankie dat julle gereis het van Lydenburg, Burgersfort, Steelpoort en Nylstroom om die dag saam te kom geniet!

Ons sien uit om weer so te maak!

🌸 WANNEER DIE POTTEBAKKER ’N VROU VORM… 🌸Soms wonder ek of ons ooit regtig besef hoe mooi dit is om net saam met ander v...
11/08/2026

🌸 WANNEER DIE POTTEBAKKER ’N VROU VORM… 🌸
Soms wonder ek of ons ooit regtig besef hoe mooi dit is om net saam met ander vroue om ’n tafel te sit.

Nie perfek nie.
Nie met alles uitgepluis nie.
Maar net… saam. 🤍

Hierdie Vrouedag het 28 vroue van Familia Gemeente saam my in die studio gesit en ons hande was vol klei, maar ons harte was besig om iets veel dieper te beleef.

Ons het gepraat oor die Pottebakker… oor hoe Hy ons met soveel liefde vorm. Hoe Hy soms aan ons werk op plekke wat ons nie verstaan nie. Hoe die proses soms druk, trek en selfs seermaak. Maar deur elke draai en elke vorming is Sy hand steeds daar. 🏺

Ons almal dra merke.
Daar is plekke waar die lewe ons gebreek het.
Plekke waar ons deur vuur gegaan het.
Plekke waar ons gewonder het:
“Here, kan daar ooit weer iets mooi uit my kom?”

Dis hoekom ons die Die Protea gemaak het......

Hoe besonders is hierdie blom nie?

Die Protea is nie ’n blom wat bang is vir vuur nie. Sy kan juis ná ’n veldbrand weer uitloop en blom. Wat soos vernietiging lyk, kan die begin van nuwe lewe wees.
Die Protea het vir my meer geword as net ’n blom.
Sy het ’n prentjie geword van ’n vrou.
’n Vrou wat geval het… maar weer opgestaan het.
’n Vrou wat seergekry het… maar nie opgegee het nie.
’n Vrou wat deur die vuur gegaan het… en steeds kies om te blom. 🌸🔥

Miskien is dit die mooiste van vrouwees:
Ons hoef nie voor te gee dat ons nog nooit deur die vuur was nie.
Ons kan ons letsels dra.
Ons kan ons storie dra.
Ons kan ons trane onthou.
En tog kan ons sê:
“Kyk… ek blom nog.” 🌸
Want die vuur het my nie vernietig nie.
Die Pottebakker het my nie laat los nie.
En die storie is nog nie klaar geskryf nie.
“Hy is die Pottebakker en ons is die klei;
ons is almal die werk van Sy hand.”
— Jesaja 64:8 🤍

Aan elkeen wat saam met ons was — dankie. Dankie aan Frieda vir haar mooi boodskap oor die Pottebakker en die proses van klei.
Dankie vir julle oop harte.
Dankie vir die lag en die samesyn.
Dankie vir die stories wat gedeel is en die stories wat stil gebly het.

En wanneer jy na jou Protea kyk, hoop ek jy sien iets meer as net klei.
Sien die vrou wat jy geword het.
Sien die vuur waardeur jy gekom het.
Sien die Pottebakker se hande.
En onthou…
🌸 Jy is nog hier.
🌸 Jy is steeds besig om gevorm te word.
🌸 Jy is kosbaar.
🌸 En jy kan weer blom.
Want ’n Protea is soms op haar mooiste ná die vuur.

Dis vroue maand. Ons vier dit deur die volronde belofte wat opgesluit lê in die granaat.Elke vrug met sorg gevorm.Elke h...
03/08/2026

Dis vroue maand.
Ons vier dit deur die volronde belofte wat opgesluit lê in die granaat.
Elke vrug met sorg gevorm.
Elke hart vol van getuienisse van Sy goedheid.
Wanneer ons stil raak en met nuwe oë kyk na elke situasie, sien ons dat Hy daar was.
Kom beleef weer die wonder van skep. Sien jouself deur Sy oë.
Weet dat jy kosbaar is pragtige vrou.

🌺 Our first Women's Month workshop was truly something special... 🌺What a beautiful privilege it was to gather with so m...
03/08/2026

🌺 Our first Women's Month workshop was truly something special... 🌺

What a beautiful privilege it was to gather with so many incredible women for a morning filled with faith, creativity, and meaningful fellowship.

With clay in our hands, pomegranates and little oil lamps slowly came to life—each one uniquely crafted, just like the woman who created it. As we shaped the clay, we were reminded that the Great Potter is continually shaping our lives with love, grace, and purpose.

A heartfelt thank you to Hadasha Ministries for your warm hospitality and for creating such a beautiful space where women could connect, be encouraged, and simply rest in God's presence.

A very special thank you to Dr. Tereza for the powerful message on the many names of the Lord. Each name reveals another beautiful part of His character and reminds us that He is everything we need in every season of life.
He is Jehovah Jireh—our Provider.
He is Jehovah Rapha—our Healer.
He is Jehovah Shalom—our Peace.
He is El Shaddai—God Almighty, who is more than enough.
He is Emmanuel—God with us.

What a comforting reminder that no matter what we face, our God remains faithful, constant, and true.

🍎 The pomegranate reminds us of God's abundance, fruitfulness, and faithfulness.
🪔 The oil lamp reminds us to keep our lamps filled with the oil of the Holy Spirit and to let our light shine brightly wherever God has placed us.

"Those who know Your name trust in You, for You, Lord, have never forsaken those who seek You."
— Psalm 9:10

May we leave this workshop knowing His Name more deeply, trusting His heart more fully, and shining His light more brightly. May we continue through this Women's Month as women who are shaped by the Master's hands, filled with His Spirit, and rooted in His unfailing love.

Thank you to every beautiful lady who joined us. Thank you for making the morning so special. We are already looking forward to the next time we create together. 🤍✨

Address

Mogale City

Telephone

+27829297585

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hartzgemaak Pottery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to Hartzgemaak Pottery:

Shortcuts

Share