Erfstukke SA Boeta & Bokka Plaaslewe

Erfstukke SA Boeta & Bokka Plaaslewe GEBLY. GETREK. GETEKEN. Ons was nie die eienaars nie - ons was die hart. Moes die plaas groet, maar hy’t my nooit gelos nie. Nou teken ek hom terug. Doek #000/1321.

Vir Boeta, Bokka & elke plaaskind. DIE PLAAS FONDS begin hier.

Erfstukke familie...Vandag se wenner is....Kobus De Villiers !!!!Baie geluk!! Baie dankie dat oom die huis en storie met...
21/05/2026

Erfstukke familie...

Vandag se wenner is....

Kobus De Villiers !!!!

Baie geluk!! Baie dankie dat oom die huis en storie met ons gedeel het! Dankie ook vd vertroue. Dit is presies waarvoor Erfstukke staan - plekke wat stories dra en herrinneringe bewaar!!

Aan almal wat gekyk en gelees het, baie dankie! Hou die blad dop vir nog opwindende stories en dalk nog n kompetisie! Elke huis het n storie.

14/05/2026

Welkom by Erfstukke 🌾

Ek het grootgeword op n plaas in die noord kaap, en ek teken plaas-herinneringe sodat dit nie verlore gaan nie.

Hierdie week doen ek iets spesiaals:

**Ek teken 2 ou plaashuise gratis (op A4 en in n raam)**
Saam met 3-4 sinne van jou storie onderaan.
Sodat jou kinders en kleinkinders kan sien hoe dit gelyk het.
Sodat ons kan onthou en bewaar.
Slegs die koerierkoste is op jou...dit is gewoontlik R80-R120 landwyd met The Courier guy.

**Wil jy inskryf? Doen dit só:**

1. Los jou storie hier onder in die comments.
Vertel my:
- Waar was die huis/plek?
- Wat maak dit spesiaal vir jou?
- Hoekom wil jy dit geteken hê?

2. As jy ’n foto het, laai dit ook op. Dit help my baie.

**Hoekom kies ek 2 stories?**
Ek wil seker maak ek doen dit reg. Elke tekening vat tyd, en ek wil die stories kies wat die meeste vir julle beteken.

Inskrywings sluit Woensdag 20 Mei 2026 om 20:00.
Ek kondig die 2 wenners Donderdag 21 Mei aan.

Selfs as ek jou nie kies nie, lees ek elke storie.
Jou herinneringe is belangrik. En dit moet bewaar word.

Los jou storie hier onder 👇

Hierdie was Daisy.My melkkoei. Vir 18 jaar het sy my lewe gedeel.Hierdie rustige stilte van die plaas... Nie almal verst...
12/05/2026

Hierdie was Daisy.

My melkkoei.
Vir 18 jaar het sy my lewe gedeel.

Hierdie rustige stilte van die plaas...
Nie almal verstaan dit nie.

Ek wens ek het meer fotos geneem van alles op die plaas.
Ek wens ek kon tyd terugdraai.

Maar tyd draai nie terug nie.
Daarom teken ek dit.

Sodat die plekke, die diere, die oomblikke wat ons liefhet,
nie net in ons koppe bly nie.

Watter dier of plek op die plaas wens jy het meer van onthou?
Los dit hieronder. Ek lees elke een.

06/05/2026

Doek #000 is nie ’n huis nie.

Dit is diè huis.

Die een met die kleinhekkie wat lei na die windpomp en kraal...
Die een met die kombuis waar Ma se koolstoof staan.
Die een met die gras rondom die huis wat pa ure lank besig hou.
Die een waar ons net geluk, vrede en liefde geken het.

Ons moes dit groet.
Nie omdat ons wou nie. Omdat ons moes.

En die laaste dag het ek na die huis gekyk...
En ek het geweet: As ek dit nie onthou nie, verdwyn dit.

So ek het dit geteken.
Lyn vir lyn. Vanuit my hart.

Elke lyn was ’n traan wat ek nie kon huil nie.

Doek #000/1321.
Dit is my huis.
Dit is ons huis.

En nou kan dit joune wees.
As jou hart ook agtergebly het.

04/05/2026

GEBLY. GETREK. GETEKEN.

Ons was nie die eienaars nie. Ons was die hart.
Toe die oom oorlede is, het ons gebly. Vir die plaas.
Toe’t die lewe ons laat trek.

Maar die plaas het my nooit gelos nie.

Doek #000: Die huis waar ek grootgeword het.
Ek teken hom terug - nie om hom te besit nie.
Om hom te onthou.

Vir Boeta. Vir Bokka. Vir my ouers. Vir elke plaaskind wat moes groet.

DIE PLAAS FONDS begin nou.

Welkom by die familie.

Address

Kuruman

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Erfstukke SA Boeta & Bokka Plaaslewe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category