21/03/2026
ek ken jou.
jy ken my.
jy is ek.
ek is jy.
jy was lankal 'n ou bekende
te vergeefs net 'n legende.
ek het jou al eens gesien,
jy lyk tog so bekend,
bitter, bitterlik ongeskend.
ek het jou al eens, anders gesien.
kom hier!
kom bietjie hier,
dat ek beter kan sien my kind.
Ek dog dalk, ek ken jou?
jy was eens daar gewees, eendag lank, lank, gelede en dalk weer, een dag.
wat het van ons geword?
my tyd met vreugde, tog nie opgeskort.
kom hier!
kom bietjie hier,
dat ek beter kan sien my kind.
Waar het ons blind geword?
kom hier!
dat ek beter kan sien my kind.
as ek kon het ek jou aangegryp,
jou nooit weer laat gly ten spyt.
jy is ek,
ek is jy.
kom kies die keer om te bly,
as die wêreld draaie om my ry.
ek ken jou.
jy ken my.
jy is ek.
ek is jy.