Eshet Chayil Bible Journaling

Eshet Chayil Bible Journaling Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Eshet Chayil Bible Journaling, Arts & Crafts Store, Johannesburg.

Maak jou Bybelstudie meer doelgerig met ons nuwe Afrikaanse Verskaart Vorms vir verskartering.Verskartering help jou om ...
09/09/2026

Maak jou Bybelstudie meer doelgerig met ons nuwe Afrikaanse Verskaart Vorms vir verskartering.

Verskartering help jou om stadiger deur ’n Bybelvers of Skrifgedeelte te werk, raak te sien wat uitstaan, die betekenis beter te verstaan en dit prakties op jou eie lewe toe te pas. Elke vorm lei jou stap vir stap deur:

Skryf die vers • Let op • Verstaan dit • Ondersoek dit • Verbind dit • Toepassing en gebed

Die verskaarte is ideaal vir persoonlike stiltetyd, kreatiewe Bybelstudie, Bible journaling, Skrifstudie en Bybelnotas — en jy hoef beslis nie ’n ervare Bybelstudent te wees om dit te gebruik nie. Die eenvoudige uitleg maak dit ook perfek vir iemand wat graag met verskartering wil begin.

Elke verskaart is ’n A4 digitale PDF wat jy kan aflaai en oor en oor vir jou eie persoonlike Bybelstudie kan uitdruk.

Jy kan jou gunsteling ontwerp individueel kies, of die volledige bundel van 10 verskillende Afrikaanse verskaartvorms aanskaf sodat jy altyd ’n ontwerp het wat by jou Bybelstudie of kreatiewe styl pas.

As jy al lankal wil leer om ’n Skrifgedeelte ’n bietjie dieper te bestudeer sonder dat dit ingewikkeld voel, is hierdie ’n heerlike plek om te begin.

Die Afrikaanse Verskaart Vorms is nou beskikbaar in ons aanlynwinkel vir so min as R15 elk (Slegs vir 'n beperkte tyd) https://eshetchayil-biblejournaling.com/collections/verskartering

BIBLE SCRAPBOOKING WORKSHOP IN NEWCASTLEIf you love being creative and spending time in God’s Word, come and join Lani f...
08/09/2026

BIBLE SCRAPBOOKING WORKSHOP IN NEWCASTLE

If you love being creative and spending time in God’s Word, come and join Lani for a beautiful Bible Scrapbooking Workshop on Thursday, 24 September 2026 at Die Spens, Factory Plaza in Newcastle.

This is more than just a craft morning. It’s a chance to slow down, open your Bible, get creative and spend meaningful time reflecting on God’s Word.

During the 2-hour workshop, you’ll create and journal using a beautiful Eshet Chayil Bible Journaling devotional and printable.

Your R350 workshop fee includes:
A 2-hour Bible Scrapbooking Workshop
An Eshet Chayil devotional + printable
A journal to work in
Ink and glue
Tea, coffee + a cupcake

Just bring your own scissors and Bible.

Thursday, 24 September 2026
11:00
Die Spens – Factory Plaza, Newcastle
R350 per person

Create. Reflect. Grow.

Come enjoy a beautiful time to be still, get creative and connect with God.

To book your spot, contact Lani on 083 697 3333.

Tag a friend who would love to spend a creative morning in God’s Word with you.



AFRIKAANS

BYBEL-SCRAPBOOKING WERKSWINKEL IN NEWCASTLE

As jy daarvan hou om kreatief te wees én tyd in God se Woord deur te bring, kom kuier saam met Lani vir ’n heerlike Bybel-Scrapbooking Werkswinkel op Donderdag 24 September 2026 by Die Spens, Factory Plaza in Newcastle.

Dit is soveel meer as net ’n kreatiewe oggend. Dit is ’n geleentheid om vir ’n rukkie stadiger te raak, jou Bybel oop te maak, kreatief te wees en sommer lekker rustig tyd saam met God in Sy Woord deur te bring.

Tydens die 2-uur werkswinkel gaan julle kreatief werk met ’n pragtige Eshet Chayil Kreatiewe Bybelstudie-oordenking en drukstuk.

Jou R350 werkswinkelfooi sluit in:
’n 2-uur Bybel-Scrapbooking Werkswinkel
’n Eshet Chayil oordenking + drukstuk
’n Joernaal waarin jy kan werk
Ink en gom
Tee, koffie + ’n kolwyntjie

Bring net jou eie skêr en Bybel saam.

Donderdag 24 September 2026
11:00
Die Spens – Factory Plaza, Newcastle
R350 per persoon

Skep. Besin. Groei.

Kom geniet ’n mooi oggend waar jy kan stil word, kreatief wees en tyd saam met God in Sy Woord deurbring.

Om jou plek te bespreek, kontak Lani by 083 697 3333.

Tag gerus ’n vriendin wat hierdie kreatiewe oggend graag saam met jou sal wil bywoon.

EPISODE 1 VAN DIE KOESTER JOU GELOOFSTUIN POTGOOI IS NOU BESKIKBAAR!Ek is so opgewonde om uiteindelik hierdie reis saam ...
07/09/2026

EPISODE 1 VAN DIE KOESTER JOU GELOOFSTUIN POTGOOI IS NOU BESKIKBAAR!

Ek is so opgewonde om uiteindelik hierdie reis saam met julle te begin.

Koester Jou Geloofstuin is ’n weeklikse Bybelonderrig-potgooireeks vir Christelike vroue waarin ons die beeld van ’n tuin gebruik om saam te ontdek wat God in ons harte, gedagtes, verhoudings en alledaagse lewe besig is om te kweek.

Ons begin September met Bybels-gewortelde Grense - Bou of Herbou die Heinings van Jou Geloofstuin, en Episode 1 fokus op Bewaak Jou Hart.

Ons gesels oor wat Bybelse grense werklik is, waarom dit oor getroue rentmeesterskap gaan eerder as om ander mense te beheer, en hoe ons dit wat God aan ons toevertrou het kan bewaak sonder om hard, bang of afgesluit van ander mense te raak.

Maak vir jou ’n koppie koffie, maak jou Bybel oop en kom kuier saam met my in die tuin.

’n Nuwe potgooi-episode sal elke week geplaas word, so maak seker jy teken in op die kanaal en skakel jou kennisgewings aan sodat jy nie die volgende episode mis nie.

EN!!! Ek het besluit om ons kompetisie deur September te verleng!

Enigeen wat gedurende Augustus en September op die kanaal inteken en kommentaar op die video’s los, sal in die trekking ingeskryf word om ’n R1 000-koopbewys te wen wat jy op DIGITALE PRODUKTE in my webwinkel kan spandeer!

So as jy tot nou toe stilletjies saamgekyk het, kom sê hallo in die kommentaar. Ek sal veral graag wil hoor wat vir jou uit Episode 1 uitgestaan het.

Episode 1 is nou beskikbaar - Bewaak Jou Hart. Luister hier daarna: https://youtu.be/gfURcmYgdg8

Hoe lyk Bybelse grense regtig, en hoe bewaak ons ons harte sonder o...

EPISODE 1 OF THE CULTIVATING YOUR FAITH GARDEN PODCAST IS NOW LIVE!I’m so excited to finally begin this journey with you...
07/09/2026

EPISODE 1 OF THE CULTIVATING YOUR FAITH GARDEN PODCAST IS NOW LIVE!

I’m so excited to finally begin this journey with you.

The Cultivating Your Faith Garden Podcast is a weekly Bible teaching series for Christian women where we’ll use the picture of a garden to explore what God is cultivating in our hearts, minds, relationships and everyday lives.

We’re beginning September with Biblically Rooted Boundaries - Building or Rebuilding the Fences of Your Faith Garden, and Episode 1 focuses on Guarding Your Heart.

We’re talking about what biblical boundaries really are, why they are about faithful stewardship rather than controlling other people, and how we can guard what God has entrusted to us without becoming hard, fearful or closed off.

Grab your coffee, open your Bible and come join me in the garden.

A new podcast episode will be posted every week, so make sure you subscribe to the channel and turn on your notifications so you don’t miss the next one.

AND!!! I’ve decided to extend our competition through September!

Anyone who subscribes to the channel and comments on the videos during August and September will be entered into the draw to win a R1,000 voucher to spend on DIGITAL PRODUCTS in my website shop!

So if you’ve been watching quietly, come say hello in the comments. I would especially love to hear what stood out to you from Episode 1.

Episode 1 is live now - Guarding Your Heart. Listen to it here: https://youtu.be/h9BMFsVcwyI

What do biblical boundaries really look like, and how do we guard o...

07/09/2026

Gesonde grense behoort nie net getrek te word rondom dit wat vir ons gemaklik voel nie.

Dag 7 van ons September-reis bring ons by ’n belangrike vraag: Wie bepaal waar die grenslyne behoort te lê?

Psalm 16:5–6 wys hoe Dawid rus vind in die deel wat God vir hom gegee het. Bybelse grense is die gesondste wanneer dit onder God se wysheid staan, en nie net gevorm word deur vrees, druk of persoonlike voorkeur nie.

Soms beteken getrouheid dat jy nee sê. Ander kere beteken dit dat jy oop, geduldig of vrygewig bly wanneer selfbeskerming makliker sou voel. Gesonde grense vra dus nie net: “Wat beskerm my?” nie, maar ook: “Wat help my om God te gehoorsaam?”

Die Tuinier weet waar die heining se grenslyne behoort te lê.

Is daar ’n grens in jou lewe wat jy meer volledig aan God se leiding moet oorgee?

Skryf OORDENKING in die kommentaar as jy elke dag ‘n oordenking in jou inboks wil ontvang en ons stuur vir jou die inligting

07/09/2026

Healthy boundaries are not meant to be drawn only around what feels comfortable to us.

Day 7 of our September journey brings us to an important question: who gets to decide where the boundary lines belong?

Psalm 16:5–6 shows David resting in the portion God has given him. Biblical boundaries are healthiest when they are surrendered to God’s wisdom, not shaped only by fear, pressure or personal preference.

Sometimes faithfulness means saying no. Other times, it means remaining open, patient or generous when self-protection would feel easier. Christian boundaries are not simply about asking, “What protects me?” They also ask, “What helps me obey God?”

The Gardener knows where the fence lines belong.

Is there a boundary in your life that needs to come more fully under God’s direction?

Comment DEVOTIONAL if you would like to receive a bite size devotional in your inbox every day!

06/09/2026

Nie alles wat toegang vra, behoort ’n plek in jou lewe te kry nie.

Dag 6 van ons September-reis gaan daaroor om die hek van jou geloofstuin met wysheid te bewaak. Spreuke 4:26–27 herinner ons om op die regte pad te bly en nie van koers af te dwaal nie.

Gesonde Bybelse grense gaan nie daaroor om bang te wees vir alles buite die heining nie. Dit gaan daaroor om meer onderskeidend te wees oor wat ons gereeld toelaat om ons harte, tyd en aandag te beïnvloed.

Nie elke stem hoef invloed te hê nie. Nie elke uitnodiging vra ’n ja nie. Nie elke geleentheid hoort in hierdie seisoen nie.

Gesonde grense help ons om oop te bly sonder om onverskillig te wees. Die vraag is nie net: “Is dit verkeerd?” nie, maar: “Help dit my om getrou saam met God te leef?”

Wat laat jy tans deur die hek wat jou dalk stadig van koers af trek?

Skryf OORDENKING in die kommentaar as jy elke dag ‘n oordenking in jou inboks wil ontvang en ons stuur vir jou die inligting

06/09/2026

Not everything that asks for access deserves a place in your life.

Day 6 of our September journey is about learning to guard the gate of your faith garden with wisdom. Proverbs 4:26–27 tells us to stay on the right path and not become sidetracked.

Healthy biblical boundaries are not about fearing everything outside the fence. They are about becoming more discerning about what we repeatedly allow to influence our hearts, time and attention.

Not every voice deserves influence. Not every invitation deserves a yes. Not every opportunity belongs in this season.

Christian boundaries help us remain open without becoming careless. The question is not simply, “Is this bad?” but, “Is this helping me walk faithfully with God?”

What have you been allowing through the gate that may be quietly pulling you off course?

Comment DEVOTIONAL if you would like to receive a bite size devotional in your inbox every day!

05/09/2026

’n Gesonde grens behoort jou hart te beskerm, nie dit hard te maak nie.

Dag 5 van ons September-reis herinner ons daaraan dat ’n heining nie dieselfde as ’n muur is nie. Esegiël 36:26 wys vir ons dat God ’n hart begeer wat sag en gehoorsaam aan Hom bly.

Ná seerkry kan dit veiliger voel om mense heeltemal uit te sluit. Maar Bybelse grense gaan nie daaroor om koud, onbereikbaar of wantrouig teenoor almal te word nie. Gesonde grense help ons om wys te wees oor wie en wat toegang kry, terwyl ons steeds liefdevol, leerbaar en gehoorsaam aan God bly.

Jesus het nie vir almal onbeperkte toegang tot Sy tyd en aandag gegee nie, maar Hy het nooit bitter of hard van hart geword nie.

Dit is die balans wat ons leer: wyse beskerming sonder om ons harte toe te sluit.

Het enige van jou grense dalk stadig mure van vrees of seerkry geword?

Skryf OORDENKING in die kommentaar as jy elke dag ‘n oordenking in jou inboks wil ontvang en ons stuur vir jou die inligting

Address

Johannesburg

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eshet Chayil Bible Journaling posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share