24/09/2025
Op 20 September het die klanke van ons Afrikaanse liedereskat gesorg vir die vreugdevolle deelname aan Afrikaans100 - die eeufeesvieringe van Afrikaans as amptelike taal ! 'n Massakoor van 140 lede vanuit 15 Oos-Kaapse dorpe het die 1000+ gehoor bedien en ook gehelp om goue oues saam te sing.
Soliste het die program verryk, en die humor het nie agterweë gebly nie. Die Oos-Kaapse Seniorburger-sangfees was weer eens (vir die vierde jaar in Jeffreysbaai aangebied!) 'n reuse sukses!🎶💃