JONTY SE MEISIE

JONTY SE MEISIE All about the women,their happiness,health and struggles.

10/02/2024

Tips Episode 1

21/01/2024

Die Boek:Die Demoon in my
Deel 4 :Die Vision

Skrywer :Jonathan Phyllis

Ek val toe teen die grond en in daardie paar minute kry ek die snaakste visie wat n mens kan aan d**k. Ek sien ek is n kasteel.Daar is nog mense daar binne maar die baas of koning van die hierdie kasteeĺ is een van daardie Nigerian manne.

Op n dag word een van my vriende in hegtenis geneem vir iets wat sy gedoen het.Sy word op n spesefieke dag gaan sy gestraf word en daardie dag het vandag aangebreek.Ek sien ek staan bang bang by die venster en kyk.

Haar is Nisha en sy sit voor n tafel wat bedek is met die lekkerste kosse.Dis haar laaste dag ..so hulle gee haar haar 'Last meal before death.n' Groot bord rys word voor haar neergesit en sy beginte eet.Sy gebruik haar hande glads om te eet.Sy maak haar mond abnormaal groot om alles op te eet maar sy kan nie.Aan die ander kant van die tafel sit hierdie Nigerian man en sy handlanger en lag.

Nisha se ooge is groot en is baie angsgevange.Wat hierdie twee manne nie weet nie as dit die meisie ook iets iets in haar mou voer.Sy het n groot ronde pot by haar(waar dit vandaan kom weet ek nie),sy vat dit en gaan sit dit voor hulle neer.Die swartmanne staan ewe verbaas en kyk na die pot.Na n rukkie beweeg hierdie pot en die deksel val af.

Daar kom n gedierte uit wat lyk soos n akkedis lyf met n viskop met groot tande.Die gedierdie beklei met die twee man,en na n lang ruk toe overpower die ding die twee manne.So verloor hulle die geveg en Nisha wen so sy gaan nie meer doodgemaak word nie.Hulle word verban uit die kasteel.Op dieselfde dag vertrek ek en n vriend na ander kasteel ,hierdie twee swartmanne wil nog saam ons loop,ek keer hulle en se nee....neto d**k die mense ons is saam...Ek groet nog vir Nisha maar sy maak of sy my nie ken nie.Ek hoor vaag weg Geraldine,Geraldine, toe ek weer bykom.

Ons voor vorentoe geneem.Ek sien, vier aan my linkerkand en drie aan my regterkant staan.Die profit gaan na die eerste een en se......

Word vervolg......

Deel 5: Die Prophecy of vrou nr.1

29/11/2023

Die boek:Die Demoon in my
Deel 3 :Die diens

Toe die Prophet se..."Let there be light" jirre meteens slaan die een hooflig aan,'n vonkspat,ek kyk op,weer links,sien ek my kind huil hier langsaan my.Hy gryp my vas,bang,selfs Jonathan brul hier agter my.

Die mense kyk na ons.Ek wil opstaan en my familie vat en uitkom hier maar toe ek uit die stoel probeer opstaan...Block die Prophet my en se..."You are going nowhere today,you are one of us now "Hy vat my aan die skouer. n' shock gaan deur my en ek val sommer terug in my stoel toe.Die Prophet gaan toe weer vorentoe en begin te bid.

"Im the Prophet,chosen by God alone, to lead and protect you.I pray for your health,wealth and prosperity for your family."Ek hoor hier agter my en skuins"I Received "Na nog paar gebede...jinne hoor ek toe uit my eie mond...I received...Toe d**k ek hier kom n' ding.

Later toe sing ons Worship songs vanaf die big screen.In die gesingery bring hulle die beeld tot by die altaar.Die Prophet gaan kniel voor die beeld en praat in n' vreemde taal,amper uitheems,seker in sy eie taal.Na n' rukkie draai hy om na die gehoor en se...

God praat met hom deur die beeld en beveel dat ons al ons eiendom en gelde aan hom te gee.Almal antwoord."Yes Lord we will obey"Hy se...na die diens moet elkeen n blaai vat en sy eiendom neerskryf en ook ons bank besonderhede.

Ek d**k,Jissas so befok is ek nie..neto is ek op die straat. Die diens gaan toe normaal verder en toe begin daai mense vorentoe roep storie.Hy roep my ma vorentoe en hy kom na my rigting. My hart klop amper 1000 kloppe en voel hier gaan ek flou val..Toe hy aan my vat....daar val ek...
Word vervolg....

Deel 4:Terwyl ek daar le... droom ek die volgende..

22/11/2023

Die Boek:Die Demoon in my
Die Beeld

Toe ek rondkyk sien ek die saaltjie is vol mense.Jy sien net kullit vroumense en so een of twee swartes in die bondel sit.My niggie Sandra wat ons uitgenooi het sit daar agter in die hoekie,sy gee ons net so skelm waai.In die ander hoek staan daar n beeld bo op n' stoel.My oog rek glads en dit voel of die beeld my watch waar ek besig is om n' sitplek te soek.

Ons kry toe een voor en bekyk maar die bewegings.Op die bigscreen speel daar wordship songs en sommiges sing saam wat die songs ken.Ek kyk op die horlosie en dit is al kwart oor een,nog nikse beginne nie.Skierlik lanks my sien ek skoene wat verby my loop en toe ek opkyk sien ek n groot fris man vorentoe stap.Sy suit blink glads want dit is nuut.Sy agtervolgers of "alteradge"is teenaan.

Die beeld word ook gedra en in die hoekie gesit heel voor sodat almal dit kan sien.Jirre dit lyk vir my die beeld kyk net aan my.Ek voel half ongemaklik waar ek sit.Die Prophet kyk na my en knip sy oog toe raak ek bang,ek wil opstaan en weghardloop,maar dit voel iets hou of druk my vas op die stoel.Ek kani nerens beweeg nie...Ek skree soos in die drome..ma niemand hoor my nie..Jho..

Die diens begin en ons almal staan ,ek, my ma en my kind.Die mense begin te bid deurmekaar.Ek kan nie uitmaak nie,in vreemde tale wat ek nie verstaan nie.Die sweet tap by een hier naby die ander een skree ander op die grond.Wat gaan hier aan.By die Nuwe Apostoliese Kerk is dinge in orde daar...Wa het ek my ingedruk d**k ek.

Voor ek vergeet,ek en Jonathan het weer gesels intussen ryd en ek het hom ook uitgenooi om saam ons te gaan visit.Hy sit hier reg agter my,ook verbaas wat hier aangaan,hy is mos n Ou Apostel.Hulle bid mos oop oe...Nou kan hy sien wat hier aangaan.

Die beeld se ooge begin te blink en die rook kom uit.Ook kom daar rook uit sy ore ook.Ek raak bang,lyk asof die ding gaan enige tyd praat. Waar het ek my ingedruk..d**k ek.

Jong,laat ek stil bly....die Prophet maak sy mond oop.Hy se.......
Word vervolg........

Deel drie...Die Diens..

Die Boek:Dìe demoon in myDeel 2: Die BeeldLees vannaand......
22/11/2023

Die Boek:Dìe demoon in my
Deel 2: Die Beeld

Lees vannaand......

20/11/2023

Back by Popular Demand.....Jirre word elke dag inni straat gevra....wanneer skryf jy verder. Lmk

Die Boek

Die vrou wat slaap met haar skoene aan.

Bladsy 33-Fred kom uit die see

As Fred see toe gegaan het,het hy altyd somewhere a loan gemaak vir sente sodat sy kan kos koop terwyl hy weg is.Op die vusserboot was hulle 7 manne onder die kapteinskap van ou Jorrie.Dit hang af of jy in die dag wil vang of in die aande.Die 30 dae het amper soos n jaar geklink partykeer.

Jy is weke weg van jou geliefdes,somtyds as jy terugkom hoor jy klomp stories.Somtyds kom mense na jou toe met storues net om geld te kry of leen of saam jou te party.Shariefa het in hierdie lewe beginne gewoont raak.Sy is weg van Peet,nou is sy by ou Fred wat lekker gekde het en wat lekker parties hou.

Eendag het hy uit die see gekom.Gewoonlik weet sy vriende of hy soek hulle op as hy gekom het.Hierdie spesifieke dag het dit lekker gegaan, die wyn het geloop asook die dagga rookery.Gewoonlik is die kamer vol mense,net sy vriende.Die blaaie ruik sleg,maar wie gee om dus partytjie tyd.

Ek sit nog in die kamer en een van sy vriende Sipho staan en kyk my vas,net daar gewaar Fred dit en roep my na ons slaap kamer toe...Hey ..verwat kyk dai man jou so vas,het julle iets aan!Jy is fokken skelm,jy teef.....nee,nee skree Shariefa terug,dus jou vriende dai.

Hy buk onder die kooi en neem sy sledger en kap haar in die gesig.Die bloed het so geloop, sy moes dit maar afvee,niks geworry stap hy na sy vriende toe. Hy het haar nie eers jammer gekry nie.Soos Shariefa is het sy die saak netso gelos en aangebly by die man.Dit was haar eerste mistake.Hy het gesien, sy doen niks( geen vangery)so hy kan dit weer doen as hy lus kry.... Word vervolg...

Baldsy 34:Eensaamheid

15/11/2023

"DIE DEMOON IN MY"
Deel Een

Geskryf deur Jonathan Phyllis

Ons is vier kinders in die huis,ek Geraldine is die jongste,twee ouer broers en n suster voor my.Ek het n' goeie kinderjare gehet.Kom uit n' Christelike huis.My ma en pa het ons grootgemaak in die naam van die Here.

Toe ek op hoerskool is,sterwe my pa en ek het dit baie groot gevat.Ek het die skool netso gelos en vir my nuwe vriende gemaak.Ek het begin te drink en rook en na verskillende taverns toe gegaan,en laat by die huis gekom.Sondae oggende het ek my nuwe vriende opgesoek en ons het hele dag verder geparty!Dit was week na week dieselfde ding...Party all the time..

My ma se hart was baie seer om haar ewebeeld en gunsteling dogter so te sien haar lewe weggooi.Sy het elke dag gepraat met my maar haar woorde is die een oor in en die ander oor uit.Ek het later n boyfriend ontmoet,en sommer by hom gaan intrek sonder om twee te d**k.

Daardie tyd toe werk ek by Checkers in Jeffz by die klein Mall voor hulle Fountains Mall gebou het.Dit het goed gegaan in my verhouding.Een dag in die werk sien ek n' ou 'crash' van my die winkel inkom.Van kleins af wou ek daardie persoon he....My hart klop altyd vinniger as ek hom sien.

Ek roep Jonathan,Jonathan,hy sien darem en kom toe nader.Ons gesels en ek kon die telleurstelling in sy gesig sien toe ek hom vertel ek bly saam n' man.Na lang ruk is hy toe weg.Ek se..vir myself...hoekom daag die man nou op noudat ek iemand het.

Toe ek by die huis kom by my boyfriend toe stry ons want iemand het hom vertel ek het baie lank met n' man gesels.Hy het my later nie vertrou nie en my later begin slaan as hy iets gehoor het.Maandae moet ek met blou oog werk toe gaan totdat my base my ingeroep het.

Dit het so vir n jaar aangegaan en eendag het ek besluit genoeg is genoeg hierdie man gaan my nog doodmaak.Ek het my klere ingepak terwyl hy in die werk was en na my ma se huis teruggegaan.Ek onthou dit was op n' Vrydag.Sal dit nooit vergeet nie.

My ma het my met ope arm ontvang en ek was ook bly dat ek my kind elke dag te kan sien, net daar het ek my liewe moeder belowe dat ek Sondag saam haar kerk toe sal gaan.Ek was jare laas voor die kerk se drumpel.Soos ek belowe het is ek die Sondag oggend vroeg op die been om my kind ook klaar te maak.

9 uur beweeg ons weg van die huis af kerk toe oppad na die Nuwe Apostoliese Kerk .
Net daar besluit ek om my lewe vir die Here te gee.Ek los die rook,die drank en al die ander wereld se goeters.Ek gaan net werk toe,huis toe en kerk toe.

Een dag kom kuier my niggie ons en ons gesels oor die Here toe sy my later uitnooi na haar kerk toe.Die Sondag middag 1 uur. Ek vra toe wie se kerk en sy antwoord Prophet B.Haai niggie dis mos daardie swart mense oppi tv ...Hulle doen snaakse goeters. Sy lag en is toe daar weg.

Ek en my ma en my kind kom by die plek in die dorp aan.Trappies op.Toe ek die gebou ingaan val my oog op daardie beeld in die hoek.So iets het ek nog nooit gesien nie..
Word vervolg..

Deel Twee:Die Beeld

Follow for more!!!
02/11/2023

Follow for more!!!

5 x Flippen Lekker Potjiekos Resepte...............................GROOT RESEPTEBOEK PROMOSIEBESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR...
20/09/2023

5 x Flippen Lekker Potjiekos Resepte...............................
GROOT RESEPTEBOEK PROMOSIE
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na Email: [email protected].............................
HOENDER EN ASPERSIEROOMPOT

50ml Olyfolie
16 Hoenderboudjies en dye
1 Eetlepel (15ml) knoffel, gekap
50ml Olof Berg Solera Brandewyn
250g Spekvleis (bacon), rof gekap
2 Uie, in ringe gesny
3 Selderystingels, in dun skyfies gesny
250g Gekleurde skroefnoedels
15 Klein aartappeltjies, geskil
1 Rooi soetrissie, in repe gesny
1 Geel soetrissie, in repe gesny
250g Knopiesampioene, heel
1 Koppie (250ml) gerasperde cheddarkaas

SOUS
1 Blik (410g) aspersiestukke met vloeistof
1 Koppie (250ml) vars room
3 Koppies (750ml) witwyn of water
1 Pakkie (46g) sampioenroom soppoeier (cream of mushroom)
2 Eetlepels (30ml) Aromat
2 Eetlepels (30ml) gemengde gedroogde kruie (dried mixed herbs)
1 Teelepel (5ml) knoffelsout
½ Teelepel (2ml) varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie in ‘n swart ysterpot oor matige kole.
Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit.

Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai vir 5 minute.

Strooi die uie, seldery en noedels oor die hoender.
Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by.
Strooi die kaas bo-oor.

Meng die sousbestanddele deeglik en giet dit oor.

Bedek die pot en laat prut dit sowat 60 tot 75 minute oor matige kole. Moenie dit roer nie.
Roer dit deur net voor bediening.
Bron: Resepte en Wenke. ..................................................
KERRIE POTJIE

2 Eetlepels kookolie
2 Hoenders, in stukke gesny (bors, boud – daai klas ding)
2 Groot uie, fyn gekap
4 Huisies knoffel, fyn gekap
2 tot 3 Eetlepels kerriepoeier (sterkte na smaak)
2 Blikke geskilde tamaties
½ Teelepel sout
1 Teelepel witsuiker
1 Eetlepel wynasyn
2 Stukke steranys (opsioneel)
1 Eetlepel appelkooskonfyt
2 Handevol vars koljanderblare, gekap
Braai die hoender in die olie tot bruin.

Voeg die uie en knoffel by en braai dit tot die uie sag is.
Gooi die kerrie by en roer dit vir ’n paar minute deur sodat die kerrie hitte kan kry, wat dan die geure van die speserye uitbring.

Gooi die tamaties, sout, suiker, asyn, steranys en appelkooskonfyt by.

Sit die pot se deksel op en laat die spulletjie prut.
Onthou, hoender is geneig om fyn te kook, wat die pot dan in ’n amperse sop verander.

Laat dit vir net meer as ’n uur prut, waarna die hoender gaar en geurig sal wees sonder dat dit oral in die pot rondlê.
As die saak reg is, kan jy die koljanderblare bygooi. Roer dit dan versigtig deur en skep op.

As jy jou Mrs. Ball’s-blatjang by die huis vergeet het, wel, probeer volgende keer onthou. ’n Ware potjiekosmaker se Ball’s moet altyd byderhand wees…
Bron: Liplekker ..........................................
VRUGTE POTJIE

1 Groot of 2 tot 3 kleiner pakkies droë gemengde vrugte
Sap en skil van 1 suurlemoen en 1 lemoen
Suiker na smaak
125ml droë sherry of 500ml rooibostee
Plus 375ml water as jy sherry gebruik
1 kaneelstokkie
1 steranys

Kook hierdie in ‘n kleinerige swartpot buite tot vrugte lekker sag is en daar ‘n lekker stropie is.

Bedien dit vir ontbyt met joghurt of as nagereg met ‘n sny konfyt-rolkoek en vla. Jy kan dit ook net met vla bedien vir nagereg. Saam met ‘n vleisdis is hierdie vrugte ook baie lekker.

Dis ook heerlik saam met mieliepap, vrugte en ‘n bietjie van die stroop bo-oor vir ontbyt.
Kan koud of warm bedien word.
Bron: Watertand Resepte. ........................................................
WILDS POTJIE INNIE OOND

1 Wildsnek soos bv rooibok, blesbok of springbok, in skywe gesny
200g Varkspek, in blokkies gesny (nie bacon nie ouboet, spek)
50ml Botter
250ml Vleisaftreksel
2ml Tiemie
12,5ml Worcestersous
5ml Knoffelsout
1ml Fyn naeltjies
2ml Neutmuskaat
5ml Mostert poeier
50ml Asyn
Sout en peper na smaak
1 Blikkie sampioenroomsop
1 Blikkie knopiesampioene
100ml Klipdrift brandewyn (Onthou, ‘n liter is net genoeg vir twee ouens as een nie drink nie)

Braai die vleis en spek in botter in groot genoeg swaarboomkastrol tot bruin.

Voeg ander bestanddele behalwe sampioenroomsop, knopiesampioene en brandewyn by en plaas in oond om sag te stowe. (So 160 tot 180 ˚C)
Bedruip die vleis kort-kort.

Wanneer die vleis sag is voeg res van bestanddele by.
Bedien met rys en gemengde groente.
Bron: Lekker Braai. ...............................................
SKAAPSKENKELPOTJIE

100ml Olie
2kg Skaapskenkels
'n Halwe groen soetrissie, gekap
1 Groot ui, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
6 Swoerdlose spekrepe (rindless bacon), gekap
2 Middelslag tamaties, gekap
2 Biefekstrakblokkies
Sout en swartpeper na smaak
250 ml Witwyn
250ml Kookwater
5 Wortels, geskil, in skywe gesny
12 Klein aartappeltjies, gewas in skil
5 Murgpampoentjies, in skywe
400g Sampioene.

Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.)

Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin.
Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 minute.

Voeg biefekstrak, geurmiddels, witwyn en kookwater by en prut vir 'n uur.
Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut.
Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.
Bron: Suidwesters Maak Lekker Kos.

Ek is bly....syt wakker geskrik...Ged**k sy gaan ons verlaat...Glory to God
10/07/2023

Ek is bly....syt wakker geskrik...Ged**k sy gaan ons verlaat...Glory to God

Polonecks Two
03/07/2023

Polonecks Two

Address

Humansdorp
6300

Telephone

+27641808124

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when JONTY SE MEISIE posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Establishment

Send a message to JONTY SE MEISIE:

Share

Category