07/09/2026
Windhoek. Dankie vir die mooiste tyd. 3 konserte, avonture en herinneringe wat vir altyd gaan hou…
Wie sien ons by die see?
Daar was tye in die Windhoek konsert wat ons vol hoendervleis was. Partykeer staan die tyd regtig stil en klop ons en die mense se harte as een…
Ons het gister bietjie af gevat en Windhoek verken. Gerhard Landsberg het ons bederf met die mooiste sonsondergang by River Crossing Lodge
Ons gaan ook altyd Joe’s Beerhouse toe as ons in Windhoek is - dis ‘n instelling 😎
Kan daar meer plekke wees met geen WiFi 😉
Ons was ook Saterdag vir ‘n gin proe by Copper & Coal. Vir enige persoon wat tyd het sou ons sê dis ‘n moet-doen
Ons wil laastens uit ons harte dankie sê aan Droombos vir al die liefde en bederf in die tyd wat ons hier was 🫶🇳🇦🥂