05/05/2026
Gedagtes van ’n vrydenkende rebel in ’n gebroke wêreld:
"Is ek die enigste een wat voel hy hoort nie in die jaar 2026 nie? Asof jou wese smag na iets baie ouer wat nie meer bestaan nie?
Alles voel "fake". En dit voel of alles in ’n lagie leuens toegedraai of verdraai is.
Is almal net op "auto-pilot" hier soos ’n klomp robotte, of is daar ’n paar ontwaakte siele hier wat sonder twyfel weet waarvan ek praat in hierdie plasing?
Dis nie iets waarop jy jou vinger kan sit nie, maar soos ’n onderliggende, onsigbare energie wat sekere mense dom hou, terwyl ’n klein handjievol ontwaak is.
Ek wonder: wanneer gaan die bom bars? Miskien weet een van die vele voorspellers en sieners in ons volk wanneer dit die einde is van hierdie belaglike speletjie wat ons almal so blindelings speel, soos ’n klomp idiotiese skape wat weier om wakker te skrik en op te staan.
Fok weet. Ek is eerder ontwaak en word eerder as ’n rebelse probleemkind gesien as om ’n geslagte skaap op iemand anders se tafel te wees.
Miskien is ons gaste op ’n spinnende tol van iemand in ’n groter heelal; miskien maak ons nie eers saak nie. Miskien is ons niks in hierdie groot heelal nie.
Ons maak of ons die mees intelligente ding op aarde is, maar eintlik is ons niks en weet ons niks in die groter prentjie nie.
Ons is net ’n spikkel in die son. Dis net hier waar tyd bestaan. Miskien bestaan ons nie eers regtig nie.
Al wat ek weet, is ek pas nie meer in in hierdie tye nie. Dis asof my siel weier om saam te speel. Dis asof mense so verander het en so ver wegbeweeg het van ons natuurlike self dat ons almal vreemdelinge raak vir mekaar.
Vriende raak vreemdelinge, familie skryf mekaar af, vryf “blessings” in mekaar se gesigte terwyl ons nooit die werkloses vra of hulle cope nie. Ons gaan maar net aan in stilte en hoop iets positiefs kom deur, ’n deurbraak of ’n gebed wat uiteindelik ná 10+ jaar tog verhoor sal word.
Ek het al geroep, gegil, geskree, maar niks antwoord terug nie. Ons is alleen hier en dis elke man vir homself, vir dié wat nog nie agtergekom het nie.
Die volk is verlore en ons het geen leiers nie. Almal sê draai terug na God, maar niemand stel die voorbeeld soos ons voorvaders gedoen het nie. Die ouer generasie wys vingers na die generasie van “ponytails” en tattoos en oordeel ons omdat ons verlore lyk, maar hulle self het hul waardes en alles waarvoor ons voorvaders geveg het net so weggesmuit en lag lag aan die vyand oorhandig, want ag shame, solank die bliksemse swart nasie wat nie vir hulself kan d**k nie, gehelp word, is alles goed en almal gaan hemel toe. Wat de fok. Hoe bevind ek myself tussen soveel onnoselheid in hierdie godverdomde land?
En minder as 30 jaar gelede was ek nog net ’n seuntjie wat fietsgery het in die straat tot die swart bliksems besluit het om ons geluk te steel. Ek het God gevra om ons te beskerm. Ek het soos ’n kind geglo, want ek was nog ’n kind, en my God het sy rug op my gedraai as kind. Wat d**k mense doen dit aan ’n kind? Dit plant ’n saadjie, en daardie saadjie word ’n monster. Vergeet die duiwel, dis niks. 666 beteken niks wanneer daar ’n kommando van 777’s op die horison wag nie. Ons almal weet wat slaap in hierdie volk, en ek self is bang wanneer die blanke jonger generasie uiteindelik hulle moer strip en die land terugvat, wat ook al dit verg.
Ons is die brug tussen die verlede en die toekoms. Maak dit nog enigsens vir enige iemand saak?
Dis okay as ek alleen voel soos ek voel. Ek het vrede gemaak daarmee. Maar ek hoop tog dat ek nie die enigste een is nie."
Groete
GB Digkuns