Die Genade Van Christus

Die Genade Van Christus Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Die Genade Van Christus, Breede Valley.

UPDATE :Okahandja-saak: 18-jarige vra om verskoning in hofOKAHANDJA- Die 18-jarige beskuldigde wat teregstaan vir die do...
16/10/2026

UPDATE :

Okahandja-saak: 18-jarige vra om verskoning in hof

OKAHANDJA- Die 18-jarige beskuldigde wat teregstaan vir die dood van twee minderjariges in Okahandja verlede jaar, het in die hof verskyn en om verskoning gevra.

Karinambande Muundjua (18) het tydens sy hofverskyning gesê: "Ek is regtig, regtig jammer vir die dinge wat ek gedoen het."

Muundjua word aangekla in verband met die dood van Ingrid Maasdorp en Rowinds Fabianu. Die saak het verlede jaar groot opskudding in Okahandja en landwyd veroorsaak.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

18-jarige in die hof op 7 ernstige aanklagte.'n 18-jarige man, Karinambanda Muundjua, het in die hof verskyn op sewe aan...
15/10/2026

18-jarige in die hof op 7 ernstige aanklagte.

'n 18-jarige man, Karinambanda Muundjua, het in die hof verskyn op sewe aanklagte, waaronder twee aanklagte van ontvoering, twee van moord, twee van verkragting en een aanklag van skending van 'n oorledene se liggaam. Die Staat het aangedui dat 'n bykomende aanklag van regsverydeling moontlik nog bygevoeg gaan word.

Volgens die ondersoek word Muundjua verbind met die dood van die 5-jarige Ingrid Maasdorp in Maart 2025, asook met die saak van die 6-jarige Fabiano, wat in April 2025 as vermis aangemeld is terwyl hy op pad skool toe was.

Die verdagte is Saterdag, 10 Oktober, in hegtenis geneem nadat hy glo twee jong meisies voorgekeer het. Hy het glo die 10-jarige meisie met 'n mes gedreig. Die tweede meisie het daarin geslaag om te vlug en hulp by twee veiligheidsbeamptes gaan soek. Toe die beamptes op die toneel kom, is die verdagte glo op heterdaad betrap.

In die hof het Muundjua erken dat hy vir die twee jong kinders se dood verantwoordelik is en om verskoning gevra.

Borgtog is geweier en die saak is uitgestel tot 2 Maart 2027 vir verdere verrigtinge.

Lavender Hill, St.ambrose circle Nog 'n skietvoorval Saterdagaand omstreeks 19:00.In Voelstraat by die Vlei informele ne...
13/10/2026

Lavender Hill, St.ambrose circle

Nog 'n skietvoorval Saterdagaand omstreeks 19:00.

In Voelstraat by die Vlei informele nedersetting naby Athlone is drie mense raakgeskiet.

Twee slagoffers is dood weens hulle wonde en die derde is in die hospitaal opgeneem.

Polisie het op die klagte gereageer en die saak word ondersoek.

TRAGIESE SKIETVOORVAL IN BONTEHEUWEL DIE AFGELOPE NAWEEKDie gemeenskap van Bonteheuwel is weer in rou gedompel na 'n ski...
13/10/2026

TRAGIESE SKIETVOORVAL IN BONTEHEUWEL DIE AFGELOPE NAWEEK

Die gemeenskap van Bonteheuwel is weer in rou gedompel na 'n skietvoorval die naweek wat verby is.

Volgens inligting het die voorval omstreeks 16:40 in Redberrystraat plaasgevind, waar 'n 32-jarige man na bewering losgebrand en noodlottig gewond is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Polisiebeamptes is na die misdaadtoneel ontbied waar die slagoffer met skietwonde aan sy liggaam aangetref is. Mediese personeel se pogings was tevergeefs.

Polisiewoordvoerder Twigg het bevestig dat die omstandighede rondom die voorval nog ondersoek word en dat daar op hierdie stadium nog geen arrestasies gemaak is nie.

In tye soos hierdie het ons mekaar en gebed die nodigste. Ons dink aan die familie en vriende wat nou deur 'n moeilike tyd gaan. Mag die Here julle styf vashou en vertroos.

"South Africa deserve better. No jobs, no safety, no service delivery. we have given the ANC years and years. 2026 is th...
08/10/2026

"South Africa deserve better. No jobs, no safety, no service delivery. we have given the ANC years and years. 2026 is the time to vote for change."

"For years the ANC has failed us as South African citizens. it's time to vote them out!"
08/10/2026

"For years the ANC has failed us as South African citizens. it's time to vote them out!"

MANHUNT VIR PASTOOR NA BABA SE DOOD - GAUTENGDie polisie in Gauteng soek vir 'n pastoor na die beweerde verkragting van ...
08/10/2026

MANHUNT VIR PASTOOR NA BABA SE DOOD - GAUTENG

Die polisie in Gauteng soek vir 'n pastoor na die beweerde verkragting van 'n 43-jarige ma en die moord op haar 4 maande oue baba.

Volgens die polisie het die vrou saam met die pastoor en sy 24-jarige vrou na die Hennopsrivier naby die R511 gegaan vir 'n ritual.

By aankoms is die pastoor se vrou glo by die baba gelos, terwyl die pastoor die vrou na die rivier gevat het. Daar is sy glo vasgebind en verkrag.

Die slagoffer het daarin geslaag om te ontsnap en hulp by 'n nabygeleë konstruksieterrein gekry. Private sekuriteit en die polisie is ontbied.

Die pastoor se vrou is opgespoor en ondervra. Sy het die polisie na 'n vlak graf gelei waar die baba se liggaam gevind is.

'n Saak van ontvoering, verkragting en moord is aanhangig gemaak. Die soektog na die pastoor duur voort.

Jamico van der Merwe van 43 jaar van Devon Park in Eersterivier is op 19 September by sy huis in Amandastraat vermoor. V...
01/10/2026

Jamico van der Merwe van 43 jaar van Devon Park in Eersterivier is op 19 September by sy huis in Amandastraat vermoor. Volgens sy vrou Eldine het hy kinders aangespreek wat agter die huis lawaai gemaak het. 'n Tydjie later het die kind se ma daar aangekom en terwyl Jamico met haar gepraat het, het die kind glo haar broer gaan haal. Die broer het hom van agter aangeval en met 'n mes gesteek. Hy is by die agterdeur dood. Die polisie by Kleinvlei ondersoek 'n moordsaak.

B O L A N D  R U G B Y 🏉Ons eie Kayden Rhenoster by die o.12 Boland Rugby Toernooi!Kayden, seun, vandag leef jy jou droo...
25/09/2026

B O L A N D R U G B Y 🏉

Ons eie Kayden Rhenoster by die o.12 Boland Rugby Toernooi!

Kayden, seun, vandag leef jy jou droom! Geniet elke oomblik op daai veld, speel met jou hele hart en maak herinneringe wat jy altyd sal onthou.

Dankie aan elke persoon wat 'n handjie bygesit het om hierdie seun se droom waar te maak - sonder julle was dit nie moontlik nie. 🙏

Kayden, jy maak vir Worcester ongelooflik trots! Ons staan bankvas agter jou!

Worcester Liefde 🤍💛❤️

ONDERWYSER (32) IN HOF NA BEWEERDE VERKRAGTING VAN LEERDER (17).RITAVI - 'n 32-jarige onderwyser van Limpopo het in die ...
24/09/2026

ONDERWYSER (32) IN HOF NA BEWEERDE VERKRAGTING VAN LEERDER (17).

RITAVI - 'n 32-jarige onderwyser van Limpopo het in die hof verskyn op aanklag van die beweerde verkragting van sy 17-jarige leerder.

Die beweerde voorval het op 2 September 2026 plaasgevind. Daar word beweer die onderwyser het die meisie onder 'n vals voorwendsel laat kom om goed vir 'n vriend te kom haal.

Volgens inligting het die meisie in sy voertuig geklim, waarna die voorval glo langs die pad plaasgevind het.

Die leerder het uit vrees nie dadelik haar ma ingelig nie. Op 7 September het sy die voorval aan haar skoolhoof gerapporteer, wat onmiddellik die polisie gekontak het. Die meisie is vir mediese ondersoek na die hospitaal geneem.

Die saak is oorgedra na die FCS-eenheid in Tzaneen vir verdere ondersoek.

Die verdagte het op 21 September in die Ritavi-hof verskyn. Hy is teen R1 000 borg vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 12 November.

Address

Breede Valley

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Genade Van Christus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share