08/04/2025
Shjoe pappa, nog n jaar verby, nog n verjaarsdag, nog n dag... ek kan nie vir pappa bel en sing nie, ek kan pappa nooit weer n drukkie gee nie, ek kan nie eens vir pappa n geskenkie stuur nie, niks nie nee, net niks nie.
Ek klou vas aan die goeie herinneringe, soms baklei ek met myself oor die slegte herinneringe, nee ons vergeet nie alles nie, hoe kan ons? Dis als deel wat ons gevorm het, verlore dae, verlore dade, verlore soos die wind oor die woestein se warm sand, nou nie meer geluide van lag of vrolikhe tye saam nie,
Nee nee, nou net die geluide van die wind wat saggies fluit terwyl hy die stof van herinneringe los skiet teen die duine.... nooit weer kan ons saam na die sterre kyk nie,
nee nooit weer nie, nou kyk ek na die sterre met verlange en wonder of pappa tog ook af kyk.
Ek blaas vir pappa hierdie briefie in die wind op met n hartjie en hoop pappa sal daarna gryp, en weet, ek d**k vandag aan pa, ek sing vandag vir pa.
Liefde
Lolla