19/06/2026
Al beetje overtijd, de eerste anderstalige versie:
Baie van julle sal weer julle simpatie betuig, maar wat ek skryf is nie altyd hartseer nie. Soms is dit bloot... 'n oomblik van rus.
My Eiland met Jou
Daar is 'n eilandjie diep binne my maer gedagte.
Skoenlappers fladder daar intens vrolik,
en andersins gebeur alles daar kalm,
al kan dit anders wees: enigiets is moontlik.
As my blik op so 'n oomblik troebel en bewolk word,
moet asseblief beslis nie paniekerig raak nie
want ek is nie verward of siek of ekstaties nie,
al lyk dit dalk vir 'n sekonde so.
Op so 'n oomblik sit ek verseker op my eilandjie
op 'n bankie in die volle son, en wag
dat jy weer langs my kom sit, glimlaggend.
Ek, alleen op hierdie bankie aan die rand van die niksheid,
verlore in gedagtes, diep en wyd,
skynbaar aan die slaap, verlore in gedagtes oor ons weer eens.
© Chr. R. J. Bosman
SABAM A./S/8611
Sedert 2024 ook beskerm via
SABAM-IP Naamnommer 00280474364